Lewies sit voor die venster en tuur uit na die berg wat befloers is in miswolke. Hy dank sy sterre dat hy in hierdie natuurskone omgewing te lande gekom het na jarelange verblyf in die droë Noord-Wes waar die Augustuswinde hierdie tyd van die jaar op hul felste gier. Hy dink terug aan die koeël deur die kerk wat sy voornemens om transhex te migreer ‘n voldonge feit gemaak het: ‘n kort maar goed geartikuleerde brief aan sy owerstes wat die kern boodskap “I quit” kripties geformuleer het. Daardie brief het magiese metamorfosiese kragte gehad: binne ‘n oomblik het Lewies van Baas tot Klaas getuimel, sy posbeskrywing as hoofman oor andere het eensklaps gedegenereer tot die van Kitchenboy en Gardenboy. Eish, sug Lewies terwyl hy wonder of hy sy beker bitter daiabetesvriendelike koffie moet drink of dump, die ruil was die moeite werd, dink nou net, jy kon nou in ‘n vergadering gesit het waar die plurale orale kultuur hoogty vier.
Nog besig met die mymeringe kom Vroukie die vertrek binne.
“Lewies” sê sy.
“Ja Vroukie, wassit?” vra Lewies agterdogtig. Wat voer Vroukie in die mou? Impliseer dit kitchenboy, gardenboy of nutsmanfunksies?
“In hierdie huishouding, tussen ek en jy, wie dink jy is die baas?”
Net so vra sy. Strikvraag.
“Bedoel jy nou wie dra die broek?”
“Nee, nie so erg nie. Maar wie gee leiding as die belangrikste besluite geneem moet word?”
“Nee jis, Vroukie. Ek dink dis eerder ‘n regering van eenheid waarin een party gelyk is aan die ander”
“Nee, jy moet sê wie is baas, want vandag is Baasdag en die baas moet bederf word”
Nou toe nou!
“In daai geval deps ek om baas te wees! Wat het jy in gedagte?”
“Hoe lyk dit met koffie by Anya’s Mum”
“Lyk reg vir my, Vroukie. Met suiker. En ‘n stukkie koek daarby?”
Daar blink ‘n twienkel in Vroukie se oog.
“Wanneer Lewies? Voor of na die koffie?”
😆
🙂
Jip. Soos die Kitaar Blues uit die Karoo sing: “‘n Lekkerrr koppie koffie met ‘n koekie(!) daarby”
Net so!
O! Is dit baasdag vandag, Hmf!
Hiehie (melouisef) – ek ook nie geweet nie!
Ek is baas en hier het niks gebeur nie
😦
Moet dit netnie oorvertel nie!
Partykeer wil ‘n baas maar gesigloos wees!
😀
😀
Oe toggie lekker (ek bedoel nou die koffietjie). Oulik geskryf Lewies. Dit geniet.
Hi Spokie. waar of onwaar?
Hiehie, ja swaer, wat sal ek tog hierop antwoord…
Hehehehe… ag dis so lekker as julle beurte maak … dan kry mens twee keer die koffie en die koekie!
Nou dink nou net hoe besig was ou Zuma se baasdag!
Hy het beslis vaardighede om sy vrouens onderdanig te maak
🙂
Uitgeslape ne!
Teen die tyd ken ek die trieks!
Dankie vir die inloer.
Sê ook elke dag dankie, en gister twee keer toe ek hoor van die winde in Noord-Wes ( wat geen verandering bring nie) Nou voel koek en koffie in die middel van die dag seker vir jou soos skool-slip…..opwindend
Dis lekker om sonder leisels te wees!
😉
oeeeeee 🙂
Ek hou van die woord “befloers” om die mis oor die berg te beskryf. H
Dankie! ook vir die volg!