‘n Storie van gans ‘n ander aard

DSCF5614

Hierdie troppie kolganse het in die parkie oorkant ons huis kom wei. Die troppie bestaan uit ‘n pa en ma en elf kuikens, wat hier nou al groot is. Hulle broeiplek is op die sportterrein van die laerskool hier naby waar die kinders geleer word om hulle met rus te laat. ‘n Oulike kinkel in die storietjie is dat die kinders gesien het dat een van die kuikens kruppel loop. Meneer is toe ingelig daaroor en die vee-arts oorkant die straat het kom kyk wat die probleem is en gevind dat ‘n stukkie tou so styf om die beentjie gewoel is dat gangreen begin ontwikkel het. Die beentjie is geamputeer en met ‘n tuisgemaakte kunsbeen vervang. Iemand het die gansie aangeneem en hy kraai nou koning op ‘n plaaswerf.

29 thoughts on “‘n Storie van gans ‘n ander aard”

  1. Dis nou ‘n pragtige storie tussen al die ander wreedheid waarvan ons elke dag hoor.Dankie Lewies.Voorspoed vir 2015.

  2. Is mal oor daardie ganse – daar was so ‘n egpaar wat eendag doodluiters met hul gesinnetjie (ek dink dit was so drie, vier kuikens) deur ons kompleks gewandel het. Hulle moes van die spruit langsaan gekom het. Wonderlik as kinders geleer word om die natuur te waardeer.

  3. Aha, daar het ek nou die Afrikaanse benaming, want ek is seker daar is tweetjies van hulle wat gereeld doer onder op die velde gesien word. Oulike storie.

  4. Ag dis nou regtig kostelik. Laat my dink aan ek en my ouers wat druiwe (ja, rotte met vlerke) op Kerkplein in Pretoria gevanfg het wat kruppel geloop het, en hulle gehelp het

  5. Oulike storie. Hier by ons raak die kolganse ‘n probleem. Met dié dat ons nou ‘n klompie goeie jare ná mekaar gehad het het hulle vinniger aangeteel as gewoonweg. Dit beteken nuwe probleempies…

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s