Nog in die euforie van die herdenking van ons 42 ste huweliksjaar en terwyl die “Ketieng ketang” van die huweliksklokke hier in my hart vibreer, voel ek so ‘n guitige geit om my wederhelfte met ‘n klappie op die boud en ‘n ietwat riskante woordjie van vertedering te begroet. Eish!”Hiert jou! Vettie boemstieks” het nie die ding gedoen nie.
Dink jy dit is die “Hiert jou!” wat die probleem is?
Die dinge van ‘n vrou bly vir my duister. Goed om jou weer hier te sien!
Oe aardetjie! Lol!
Het een of twee boue oƫ gekry?
Stywe lippies!
Jirre Lewies!!
Onthou jy “Bog Met Blou Maandag”? Daar was ‘n “theme song” wat die woorde ingesluit het: “‘n stywe dosis olikheid se moses”.
Ja, ek onthou die program. Ek was nog so ‘n laaitie, dan sit ons saans om die kombuistafel en luister na die transistor. Goeie jare, toe het ek nog sonder kritiek gelag. Nou pis Emo Adams en Willie Esterhuizen en Leon Schuster en diesulkes my ernstig af. My drempel van vermaaklike humor het die hoogte ingeskiet.
Ja, maar wat van die signature tune? If you have a dirty mind – soos vuurklip.
Hehehe!Ja nee, ek sien wat jy meen!
Was dit die klappie of die riskante woordjie? š
Sal ek ooit weet?
hehehehe… het sy jou hard geklap?
Lekker man. Maak lewe opwindend!
Op my jare kan ek soms sonder die opwinding klaarkom!
Ek weet ‘guitig’ allitereer mooi met ‘geit’, maar ek het ‘n beter beskrywende woord: ‘stoopit’! A nee a, Lewies! Hoop Vroukie het jou teen die tyd vergewe…
Dis die lekker van huismoles–die opmaak daarna1
Het jy jou vrees vir pyn verloor? Hehe!
Die bont varkie is missing!