Die Kokkedoor en Koekedoor gedoente laat my dink aan my Ant Truia van toet, ‘n baasbakster in die kontrei wat gereeld pryse gewen het met haar koek op al wat ‘n skou is. Gereeld en elke jaar is’n rooi roset op Ant Truia se koek gesteek met “Kampioenkoek” daarop in kreatiewe kalligrafie geinskribeer. Ten spyte van aanslae uit VLU en sustersvereniging geledere het Ant Truia se koek op elke koekskou en koekkompetisie die rooi roset verower.
Die hoogtepunt van die jaar se koekkompetisies was natuurlik die landbouskou, waar niemand anders nie as die burgemeester in eie persoon die rooi roset op die koek aansteek. Dit was vir Ant Truia die allerhoogtepunt van haar koekbedrywigheid as haar koek as die wenkoek aangekondig word, en as die burgemester haar koek met die rooi roset steek, het ‘n rosige blos in haar nek opgeslaan, haar asem het weggeslaan en haar bors het op en af gedein. Sy het gelukwensinge ontvang met ‘n uitasem “Dankie” en haar oë skalks neergeslaan. Die ander deelnemers het haar jaloers en met wrewel betrag en onder mekaar die tekortkominge van Ant Truia se koek bespreek. “Te klam” sou een opmerk “Te droog” was ‘n ander se giftige bevinding “Te krummelrig” het Ant Dorie van Jaarsveld gereeld gemurmureer. Maar verniet, Ant Truia se koek is jaar na jaar as bobaas koek aangewys. Na afloop van so ‘n koekskou het die plaaslike koerant op die voorblad verkondig “Ant Truia se koek wen weer!” met ‘n foto van haar koek daarby, eers in sepia, toe in swart en wit en later in kleur. Sy het gebaai in die glorie van haar bekendheid.
Die geheim van haar wenkoek het sy dig bewaar, haar koek was immers haar paspoort tot glorie. Sy is met daai geheim die ewigheid in, en op haar begrafnis het die dominee daarvan melding gemaak, maar ook die gemeente getroos met die versekering dat “Ant Truia nou die engele met haar koek trakteer.”
Laat my dink aan Jannie wat so kon hardloop …
…uhm, en? Ek wil nou nie stoepit klink nie, maar hoe het Jannie se storie geëindig?
Wonner ek ook.
Lees my antwoord vir Lewies …
Kyk, olikheid se moses kon ek snap, maar Jannie?
Jannie kon vinnig hardloop – en by die atletiekbyeenkoms sê sy ma so in die rondte: “Díe Jannie, hy wen mos alles met sy hol!”
hehehehe… die goeie ou dae
Those were the days!
“Ant Truia nou die engele met haar koek trakteer.” -dis nogals oulik. Okey, ek weet nie hoe sulke goed werk nie. Moes Ant Truia dus 2 koeke bak? Een vir die proe en ‘n een vir die “afshow?” Of het die fynproewers sommer so uit elke koek ‘n sny geneem.
Seker maar die tongtippietoets gedoen!
Daar is vandag nog sulke tantes. Bewaar die een se siel as sy nie wen nie.
Ja, Lewies. Ek onthou ook die dae toe elke dorpie nog ´n Tentoonstelling gehad het, wat later skou geword het. In ons dorpie was daar ook ´n paar tantes wat so die pryse gewen het, om die ander darem ook kans te gee, het die damesafdeling se kommitee, so nou dan daardie wat oorheers het, die beoordelaars gemaak. Dan kon hulle nie deelneem nie.
pure koekpolitiek!
Gelukkige engele.
Ek het nog nooit iets met my koek gewen nie. 😦 Wanneer ek eendag vir Anti Truia sien, gaan ek haar resep gaps.
You never know! 😉
Aanhouer wen!
Ek ken so ‘n tannie Lilly. Dierbare mens. 🙂