Aanhaling: derde dag

So in my universiteitsdae het ek op hierdie antieke Griekse aanhaling afgekom. Dit het lekker rebels geklink in daardie tyd van rock musiek, Woodstock en die hele kulturele revolusie van die sestiger jare. Dink in terme van Rodney Seale, Koot Vorster en Lammie Snyman.

Hier is hy

Dionysus, dithurambe van die vors
Deur wyn bebliksem in my gees.

‘n Dithurambe was ‘n gewyde lied ter ere van Dionysus, god van wyn.

Ek het gister vir Vuurklip benoem. Hy het die benoeming galant van die hand gewys, maar tog in sy kommentaar ‘n aanhaling laat inglip: Hoë bome breek die meeste wind. Dankie Vuurklip!

Nou ten laaste tag ek vir Monica, Scrapy en Kleinkitti.

Lekker naweek vir almal wat hier lees.

10 thoughts on “Aanhaling: derde dag”

  1. Ja, jy is n doring met die gesegdes. Dankie vir die nominasie. Ek gaan hierdie keer Afrikaanse gesegdes soek.

  2. “Deur wyn bebliksem in my gees.”……

    ek like dit

    Praat so van wyn…nou dat julle daarso in die Kaap sit…het jy nou al paar van die wingerd sappe geniet

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s