Hy’t ‘n foto van jou wat geneem?

“Vroukie!!”roep Lewies ontsteld.

“Ja Lewies? Wassit”?

“Hoekom het jy my nie gesê jy gaan na die ginekoloog toe nie? Is jy ok?”

“Nee, ek was nie by die ginekoloog nie. Wat laat jou so dink?”

“Hier het ‘n staat van die mediese fonds gekom. Daarvolgens het ‘n dokter ‘n foto van jou fundus geneem. Kan net ‘n ginekoloog wees.”

“Fundus? Wat vir ‘n ding is ‘n fundus?”

“Wonder ek ook. Klink vir my na’n ginekologiese term, soos moemfie.”

Nadere ondersoek bring toe aan die lig dat die diens deur ‘n optometris gelewer is toe Vroukie haar oë laat toets het. Google sê: Fundus photography (also called fundography) is the creation of a photograph of the interior surface of the eye, including the retina, optic disc, macula, and posterior pole (i.e. the fundus).

Nou toe nou. Kos nogal R133, 00.

22 thoughts on “Hy’t ‘n foto van jou wat geneem?”

  1. Kom ek wet jou as hulle die woord afrikaans gemaak het sou almal verstaan het soos ‘n kykerkliek of soiets

  2. Whahahahaha! Nee kyk, dis net jy wat my so kan laat lag Lewies. Bly dit was goedkoop genoeg en dat daar niks fout was nie. 😀

  3. Alles wel. dankie! Syhet haar oë laat toets toe die optometris ‘n fundogafie gedoen het, wat ek (ietwat opsetlik) misverstaan het as ‘n ginekologiese procedure.
    Koue Kaapse groete!

  4. Nou ja Lewies. Hiers jy nou sopas die oorsaak van huweliks probleme hier in my bed. Vroutjie-doutjie le heerlik en slaap toe ek hierdie pos van jou op my tablet lees. Ek begin lag dat die bed so wip. Sy skrik wakker van die gewip en nous sy vies… jou skuld.

Leave a reply to Kelkiewyn Cancel reply