Kaapse klets

Kort in die verlede
Net ‘n paar maande gelede
Trek ek na Hermanus
Om te kom sit op my anus
Toe kom die ontnugtering
Dis ‘n baie lelike ding

Dis kitchen boy en garden boy
G’n beach boy en lazy boy
Sny die gras knip die takke
Tel oppie honne se kakke
Veg die goggas vang die slakke
Gooi uit die vullissakke

G’n engel in die jaart
Ek staan paraat
Ek doen dit op my eis
G’n engelhulp word vereis
Ek is nie lussie
Vir engel en sy sussie

Dis kitchen boy en garden boy
G’n beach boy en lazy boy
Sny die gras knip die takke
Tel oppie honne se kakke
Veg die goggas vang die slakke
Gooi uit die vullissakke

(Na aanleiding van Monica se kommentaar by my vorige inskrywing)

Advertisements

Muse vermis in aksie

So teem ek die hele tyd oor my snoep muse wat haar fraai aanskyn van my weggekeer het , net so, asof daar nooit iets tussen ons was nie. Femina varium et semper mutabile est! O woman! Fickle and ever changing creature! Toe slaat dit my soos ‘n nat toiingkies mop tussen die oge: Sy is in menopause! Ok maar vrou, né! And along came Jones!! met ‘n botteltjie HRT in die bladsak. Lay on McDuff! and damned be him who first calls “Hold! Enough!” By my muse sal ek staan in haar uur van nood, totdat die androgeen inskop (Wat is daai goed tog nou weer?) Intussen sal ek voortgaan om hier op die blogs te pleeg, kom hel of hoogwater, in die vaste vertroue dat ek nie die lesers van my blog sal irriteer met soetlike wrongels nie. Wederom, tot later!

Op hierdie dag

Ja, liewe leser, op hierdie dag,die eerste dag van die tiende maand van die laaste jaar van die eerste helfte van die vorige eeu, het die uwe die eerste lewenslig aanskou daar in die goeie ou Vrystaat. Deur al die oppe en affe van die lewe gevorder tot hier, vandag. As ek myselwers so takseer kom die beeld van ‘n tweedehandse kar by my op, hy sal wel ‘n koper kry, maar dit sal nie ‘n windgat jongeling wees nie.Nee wat. Eerder ‘n bedeesde omie wat so pir-pir ry met sy een voet op die briek. Maar ry ry die kar nog, oor die berge en die dale van die lewe, wel aangehelp met byvoegsels in die tenk. Een ding van verjaar, hoe meer jy verjaar hoe ouer word jy, en daarvoor moet jy dankbaar wees. Baie mense het nie daai voorreg nie.

Sjiehieet Lewies! Jy is darem filosofies vemôre! Heppie heppie man, die lewe is ‘n lied! Rock on!