Ja, liewe leser, op hierdie dag,die eerste dag van die tiende maand van die laaste jaar van die eerste helfte van die vorige eeu, het die uwe die eerste lewenslig aanskou daar in die goeie ou Vrystaat. Deur al die oppe en affe van die lewe gevorder tot hier, vandag. As ek myselwers so takseer kom die beeld van ‘n tweedehandse kar by my op, hy sal wel ‘n koper kry, maar dit sal nie ‘n windgat jongeling wees nie.Nee wat. Eerder ‘n bedeesde omie wat so pir-pir ry met sy een voet op die briek. Maar ry ry die kar nog, oor die berge en die dale van die lewe, wel aangehelp met byvoegsels in die tenk. Een ding van verjaar, hoe meer jy verjaar hoe ouer word jy, en daarvoor moet jy dankbaar wees. Baie mense het nie daai voorreg nie.
Sjiehieet Lewies! Jy is darem filosofies vemôre! Heppie heppie man, die lewe is ‘n lied! Rock on!
Baie geluk Lewies!Al is jy ‘n ou kar,is ek seker jy het genoeg woema om nog baie myle te ry.Ek hoop Vroukie bederf jou vandag gruwelik!
Dankie! Ja, ek was behoorlik bederf. Te lekker.
Hêppie hêppie Lewies!
hoop jy word vrot bederf.
Mag dit ‘n wonderlike geseënde jaar wees vir jou!
Dankie vir die goeie wense, was ‘n lekker bederf gewees!
Baie geluk en vele meer!
Dankie!
Veels geluk liewe maatjie!
Hoe kry jy dit hier geplak? Kan mens ‘n foto ook so plaas?
Het net die youtube se url gecut en paste …
Ek sal sommer by myself moet oefen
Jis, dankie! Lekker tune daai!
Hahaha! Oulike een!
GELUK!!!!
Yes yes!! Sê ook geluk met jou verjaars. Oulik geskryf. Dankie ook aan Vroukie wat aangehou het, of het sy uitgehou … ?
Dankie! Ja jong, sy is ‘n vasbyter oer excellence, verby tandekners verby!
Baie geluk. Dankie dat jy vir ons so gawe blogvriend is!
Dankie Tina–ek voel tuis tussen die blogmaters.
Jammer daar is so min oor.
Ek is deesdae so min aan’t kuier op die blogfront..nogmaals wonderlike gesonde jaar aan jou.
Ja, ek mis jou woorde. Ek is ook in stille waters…en ek wil nie skryfsels forseer nie. Dankie vir die goeie wense.
Geluk ,et jou verjaarsdag vriend.
Baie dankie!
Veels geluk, Lewies. Hoe lyk dit met bietjie meer dikwels vertel hoe dit met jou en Vroukie gaan daar anderkant die druiwegordyn?
Dankie Frannie. Ai tog, as ek aan skryf dink, droog my gedagtes op. En ek wil nie gaan sit en iets forseer nie, dan kan dit so maklik corny klink.
Weereens, baie geluk. Jy het my nou bekommerd. Wat beteken “corny”? Ek is nou bang my blogs is dalk “corny”. Bly jy was so goed bederf.
Corny beteken vir my onnatuurlik geforseerd, soos ons dit in baie van die Afrikaanse liedjies aantref. Ek het nog nooit corny in jou blogs gesien nie!
Baie geluk ! ek is mos net 5 daggies ouer as jy maar ek het op my verjaarsdag in die hospitaal beland vir steke dink jy ek word weer kens?
Eina! Hoop jy is nou ok.