Kort in die verlede
Net ‘n paar maande gelede
Trek ek na Hermanus
Om te kom sit op my anus
Toe kom die ontnugtering
Dis ‘n baie lelike ding
Dis kitchen boy en garden boy
G’n beach boy en lazy boy
Sny die gras knip die takke
Tel oppie honne se kakke
Veg die goggas vang die slakke
Gooi uit die vullissakke
G’n engel in die jaart
Ek staan paraat
Ek doen dit op my eis
G’n engelhulp word vereis
Ek is nie lussie
Vir engel en sy sussie
Dis kitchen boy en garden boy
G’n beach boy en lazy boy
Sny die gras knip die takke
Tel oppie honne se kakke
Veg die goggas vang die slakke
Gooi uit die vullissakke
(Na aanleiding van Monica se kommentaar by my vorige inskrywing)
Hehe,Lewies is op sy stukke so tussen die bukke met die knip van die takke en die optel van die honne se kakke! 😆
Mooi man perdebytjie! Goed gestel.
Jis, dit kan nog ‘n versie word!
Lewies die soeker(na lazy boy en strand)
het nou ‘n nuwe reëltjie waarmee hy kan woeker
Hehehehe jy maak my dag… daai anussittery is net vir my grillerig!
Partykeer sit ek so lekker en staan sommer op en gaan sit weer!
Jaaaa maar die anus klink soos ‘n vreemde wurm met groot oë!
Jy kan geld maak hiermee en vir jou ‘n robotmannetjie koop !
…en dis hier waar dit begin het!
Ha ha, lekker gerap met die een. Hy voel so lekker ritmies. Mens kan rerig n opname maak en hom bekendstel. Mooi man!
Jack Parow, jou stem is lekker rou, kom ‘n bietjie, maak ‘n liedjie!
Ha ha Lewies ! Al die oefening sal jou jonk hou .
Eish! Oefening is harde werk!
Wow – nog ‘n digter ook? Moet sê die garden boy het verskuilde talente? Baie oulik.
Opruim agter die honne stimuleer die rympiebrein!
Nou ja… rym kan jy rym. En die boodskap is duidelik.
As mede-afgetredene (?) kan jy jou seker met die boodskap vereenselwig!
Nou ontdek ons verskuilde talent in blogrym, klink vir my vrolik al is daar so verskuilde klagte te bespeur!
Oulik!