‘n Dag in die lewe van Lewies Mymer

“Jiesaaja Vroukie! Het jy gesien wat kos hierie blerrie brokkoli! R30! En dan is blerrie sleg daarby!!”

“Moenie so praat van kos nie, Lewies. Brokkoli is gesond.”

” Ja, maar dis nie lekker nie. Nie eens ‘n tyrannosaurus rex sal dit eet nie”

“Tyrannosaurus rex was ‘n vleisvreter. Natuurlik sal hy nie brokkoli eet nie.”

“Aikona, dis nou net waar jy verkeerd is. Hulle was eers grasveters maar die brokkoli was so sleg dat hulle ander diere begin verskeur en verslind het.”

“Wel, dis wat vanaand op die tafel is. Brokkoli of niks”

“Jy meen brokkoli of fokkoli”

“Netso, Lewies, neto”

“Weet jy wat Vroukie?”

“Nee, wat Lewies?”

“Ek dink ek is gereinkarneer”

“Gereinkarneer? Hoe meen jy nou?”

” Kyk, om met jou huis te hou verg Job se geduld. So ek dink ek is ou Job in lewende gereinkarneerde lywe”

“Ja Lewies. Ek reken ook jy is gereinkarneer, maar nie as Job nie”

“Nou wie dan?”

“Kootjie Emmer, die koning van kakpraat”

 

 

 

 

 

 

Advertisements

16 thoughts on “‘n Dag in die lewe van Lewies Mymer”

  1. Soos die ouer Bush gesê het:
    “I do not like broccoli and I haven’t liked it since I was a little kid and my mother made me eat it. And I’m President of the United States and I’m not going to eat any more broccoli.”

    So, ons is in goeie gelseskap. Maar ek dink al wás ons die VSA president, sou ons Vroukies die argument gewen het …

  2. Ek genioet brokkoli, blomkool en al hulle boeties tot die ou gewone kopkool ook. Maar R30? Ek trek die streep daar. Net jammer die tiptolle vreet myne nog voordat dit kroeskoppies kan maak.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s