Klop-klop

 

Welkom welkom 2016! Maak jou tuis hier op my lewenswerf. Alhoewel ek weet dat jy geen uitnodiging nodig het nie, jy wag al immers sedert die Big Bang vir hierdie oomblik. Ek hoop ek en jy sal dieselfde aangename verhouding hê as wat ek sedert 1949 met jou voorgangers gehad het. Goeie ouens gewees, hier en daar een wat soms sy gatkant vir my gewys het, maar rerig nie iets om oor opgewonde te raak nie. 1973 was ‘n besondere gawe ou, tydens sy termyn het ek en Vroukie plegtig ewige trou voor die gemeente gesweer, en vandag staan ons nog saam, gesement in tyd as’t ware. In 1975 is ons eersteling gebore, vandag ‘n vrou met haar eie gesin, en in 1978 ons tweedeling, vandag ‘n voorsiener vir sy familie. Ek het met benouiing uitgesien na 2013, toe ons sak en pak met honderd bokse en twee bedewelmde honde Hermanus toe getrek het, dit was ‘n keerpunt in ons lewe, en ten goede so. So jy sien, 2016, die afgelope 66 jaar het julle ouens my goed behandel, jy moet nou nie uit die kraal spring en amok maak nie. Gee ons liefde en vrede en goeie gesondheid, dis al wat ek vra, en, as dit nou nie voorbarig is nie, kan jy nie asseblief ‘n plan maak met Zuma nie? En wat van die Springbokke? Kan hulle nie maar hier in jou termyn weer ‘n slag die volk trots maak nie?

Ek sien uit na ons verbintenis, al drie honderd ses en sestig dae daarvan. Ek wil op elkeen van daai dae die lewe beleef, die geringe dingetjies raaksien en geniet en waardeer. Carpe diem, soos hulle sê, elke liewe een van hulle.

 

 

Advertisements

5 thoughts on “Klop-klop”

  1. Klop-klop? Die ekonomie het opgedroog daar so ook die geld. Ek het met n skok agtegekom dat amper R11 nodig is om een NZ $ te koop. of te wel.my ou klein pensioentjie kan nie eers my basiese uitgawes dek nie. Dis nou lekker om so die nuwe jaar in te gaan.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s