Veldbrand

IMG_0306

Daar woed ‘n veldbrand naby ons buurdorp, Stanford, al van Saterdag af. Nes die brandslaners dink die vuur is dood, word hy weer lewe gegee deur ‘n fris Suidooster. Die rookwolk het nou al tot hier by Hermanus uitgesprei en  die reuk van brandende plantegroei is irriterend sterk . Die brand heers gelukkig nie in  bewoonde gebied nie, glo in ‘n area waar digte indringerbosse is, maar mens is tog bekommerd oor die dierelewe daar. Hoe vlug ‘n rooipensie skilpad voor die vlamme?

IMG_0311.JPG

‘n Helikopter skep water uit hierdie dammetjie in Stanford. Daar word ‘n storie vertel dat ‘n helikopter wat water uit die see geskep het eenkeer ‘n ou wat kreef uitgehaal het ook saam geskep het, waarop die ou in aller yl moes uitspring terwyl die helipkopter nog oor die water was. Waar of onwaar? Wat maak dit saak, moenie ‘n goeie storie met die waarheid bederf nie!

 

 

 

Advertisements