Daar woed ‘n veldbrand naby ons buurdorp, Stanford, al van Saterdag af. Nes die brandslaners dink die vuur is dood, word hy weer lewe gegee deur ‘n fris Suidooster. Die rookwolk het nou al tot hier by Hermanus uitgesprei en die reuk van brandende plantegroei is irriterend sterk . Die brand heers gelukkig nie in bewoonde gebied nie, glo in ‘n area waar digte indringerbosse is, maar mens is tog bekommerd oor die dierelewe daar. Hoe vlug ‘n rooipensie skilpad voor die vlamme?
‘n Helikopter skep water uit hierdie dammetjie in Stanford. Daar word ‘n storie vertel dat ‘n helikopter wat water uit die see geskep het eenkeer ‘n ou wat kreef uitgehaal het ook saam geskep het, waarop die ou in aller yl moes uitspring terwyl die helipkopter nog oor die water was. Waar of onwaar? Wat maak dit saak, moenie ‘n goeie storie met die waarheid bederf nie!
Sjoe, hitte, vuur, droogte,storms, sneeu, … anderste tye wat ons beleef.
Dis seker moontlik dat ‘n helicopter ‘n mens saam die water kan opskep, wonder hoe groot is hulle skepding werklik?
Ek het ook daai kreefduiker-storie gehoor. Dis baie mooi natuurgroei daar by julle en ek hoop hulle kry die brand gou onder beheer.
Jammer om te hoor… maak my hart seer
Wonder hoe die duiker kon uitspring? Dis mos n reuse emmer wat se bodem oopmaak om die water uit te gooi. Moes seker n onvergeetlike oomblik vir duiker gewees het! Wonder tog? Die brande is erg. Die dierelewe lei die meeste daaronder. Hoop daar kom reën om te help blus.
Sulke brande is vir my vreesaanjaend. En ja, die arme diere 😦
“moenie ‘n goeie storie met die waarheid bederf nie” Briljant!!!