Monthly Archives: February 2016
En jy het gedink jy weet van kinky!
Gisteraand skakel ek die TV aan net voor die nuus, en net betyds om ‘n fraaie aanbiedster te hoor deklameer, met ‘n pragtige glimlag op haar aanvallige gelaat : “En nou gaan ek twee grenadella bloeisels op my koek sit” Netso. Sonder blik of bloos. En skynbaar sonder enige bevangenis dat daar ‘n by in die bloeisels mag wekruip wat haar kan, wel, haar kan byt.