Fo…fol…follie…nee wag, fo…fok…fokkie, ja, dis hy! Fokkulere ekseem, dis wat ek het. Deur die dag bekruip en in die nag bespring soos deur ‘n Bybelse pes. Jollie jeuk se moses. My vel is skubberig soos ‘n krokodil met sonbrand s’n, dikker as Zuma s’n. Die dermatoloog s^e “Moenie worry nie, dit kon erger gewees het, Herpes Zoster.” En dis nie ‘n karakter uit die nuwe Star Wars film nie, nee, hy is ook bekend as Gordelroos. Dis nou ‘n outjie daai met wie ek nie wil sukkel nie. ‘n Boksie salf en 10 pilletjies, en Bob is jou oom! Baai baai fo…fok…ag fokkit, daai een!
Al my simpatie, Lewies!!
Dankie!
Ek dog jy het afgetree sodat jy kan ophou stres en nou die? Sterkte!
Nee wat, dis nie so erg as wat dit klink nie. Dis nie Gordelroos nie, wel ‘n ekseem wat so lyk. Net lastig agv die gejeuk.
Dis goeie nuus… Gorfelroos is baie pynlik en mens kan dood gaan daarvan. Sterkte! Is jy allergies vir iets?
WTF(okkulêr)? Spoedige beterskap, Lewies! Hou Vroukie haarself eenkant?
Slim een! Ja, sy het nou ‘n geldige verskoning!
Ai – sterkte man!
Dankie–dis darem nie so erg as wat dit klink nie.
Shucks, voorspoed. Gordelroos is nie vir sissies nie.
Nee kyk… een kap met die byl en Bob is jou tannie!! 😉
Ai tog, dit klink vreeslik ongemaklik. Hoop jy het verligting gekry.
Oeeeee … kry ek nou seer saam met jou. Ek vertrou darem regtig dis nou al gesond!
Perdfris dankie, soos ‘n vis in die water!