Mylpaal 43

Op hierdie dag en datum in die jaar 1973 staan ek uitgedos en opgetof in ‘n suit en tie, a la mode du temps, daar op die rooi mat voor die kansel van die NG Kerk Kroonheuwel, in my geboortedorp Kroonstad, wagtend op my bruid to be om met die lang gang aangestap te kom sodat ons plegtig in die heilige eg verbind kan word. En toe die orrelis die pype ooptrek en Mendelsohn se Troumars deur die gewyde gewelf weergalm, kom Vroukie  aangesweef na my toe, met die allermooiste glimlag op haar gelaat, en  haar pa met ‘n swak verdoeselde frons van bekommernis  op sy voorkop. Toe vergeet ek skoon van bewebroek en my hart mis ‘n slag soos ‘n sleg getunde Cortina. Die mooiste oomblik van gans my lewe. Saam het ons die lewenspad begin, en nou, hier by die drie en veertigste mylpaal, is ons geseend om nog steeds hand aan hand te loop, die toekoms tegemoet.

Dankie Vroukie, vir al jou liefde en verdraagsaamheid. Saam met jou is die lewe ‘n lied, en vir seker nie  ‘n elevator music bleeksiel geteem nie! Rock on!

19 thoughts on “Mylpaal 43”

  1. So julle is nou omtrent dubbel so lank bymekaar as wat julle enkel was.
    Well done, dit wil gedoen wees. Klop julle self op die skouer want soiets gebeur nie vanself nie!

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s