Die Ander Jan

Oom Jan Taks, Oom is my hero, Oom. Net nadat ek so flussies daar  op FB my kop instemmend geknik het dat Oom ons belastingbetalers darem kaalgat uittrek, sing my selfounkie so Bzz Bzz en die bank laat my weet dat Oom dit wragtag goed gedink het om my so ietsie terug te betaal. Jis, dankie Oom! En daai gasie sal nou so goed te pas kom, dalk weet Oom nie maar, ek en Vroukie gaan mos Krugerwildtuin toe volgende week. Ja nee, ons vlieg mos in Lanseria toe met die erreplein en daarvandaan klim ons op die highway saam met Swaerkie en my skoonste suster. Nou hoef ek nie meer te worry oor die taks wat Oom op die whisky hef nie,  (nie whiskey nie, daai goed is mos nie rerig Scotch nie, nee, nou kan ek mos die Ware Jakob bekostig) nee wat ek betaal dit met ‘n smaail. Maar so van Jakob gepraat, Oom moenie dink Oom vang my met ‘n slapriem verkiesingstriek nie, ek stem nottedem vir Oom se baas nie!