Jy moet jou voete oppas
het my pa altyd gese
gekrokte voete is ‘n neukery
het my pa altyd gese
ek het sy raad gevolg
my voete opgepas
lig getrap, fyn getrap
soms in die kak getrap
(darem nie diep kak nie)
gedans en gehol
op my voete gedink
‘n leeftyd lank
nou sit ek langs die see
skop my skoene uit
my voete is cool
ek steek my kierie in die sand
ek het hom nie nodig nie
ek staan op my eie voete.
Lewies, dit is mooi gestel. Jou pa was reg, maar party van ons het nou weer nie na wyse raad geluister nie. En gaan die kierie vir hul teerpad nodig hê.
Kierie is nog ‘n voet!
Hahaha fantasties! Ek het geweet jy gaan ‘n meesterstorie uithaal vir hierdie een. Darem nie diep kak nie, ja. 😀
so trippel-trippel deur die kakveld.
Jissie, ek moet sê, jy het my nou laat nadink oor al my geween en gekerm wat ek so kan aanhef party dae – ek is darem gelukkig om nog so te kan rondloop en my tone in die sand en seewater te kan druk.
🙂
O, treurigheid op note,
hy staan op eie (skurwe?) pote!
Sing saam in die Skurwe Voete Bar!
Tralalalala …
………en ons sê almal so.!
🙂
Hehehehe … ek het ook gehoor ‘n man se brein sit naby sy voete… nie dat ek weet nie nie!
Jou stouterd!
Ooo, waar was jou pa tog toe ek daai spykerhakke met die skerp punte gedra het…
Die ydelheid van mens se jong dae haal jou in. Die prys wat ek betaal is sonskade aan my vel.
Dis waar -ons het mos nie so verbrand nie, die osoonlaag was nog heel, dus het ons ure in die son deurgebring…
Ek het gedink weather beaten is macho, die Steve McQeen look, of soos Uys Krige.
Mooi man, ek hou hiervan. Ek sien al die tone wat so uitkom tussen die nie te diep gemors!
Sien jy! Mens kan jouselwers uit daai gemors uitlig as jy daarin trap!