Somersnot

Hier net duskant die doodlyn van 2016 tekkel ‘n robuuste verkoue my dat die snot spat. Lidi de Waal skryf in een van haar gediggies die lewe het haar al baie snotklappe gegee, maar dis oukei, sy het nog baie snot oor. Ek daarenteen voel nie so baie happy met my voorraad snot wat onophoudelik geproduseer word nie. Voor jy kan se “mes”, of dan “snot”,  is ek deur ‘n pak van daai drielaagmansnesies (ek is seker dit word so gespel op Beter Afrikaans) Net een snuit en daai snesie ontplof in ‘n snesiesproei wat mens laat dink aan ‘n donderwolk op die Vrystaatse vlaktes. Daarby pyn my hele lyf, as ek hoes klink soos die skrikmaak back track in ‘n horror movie. Boonop voel ek nie lekker nie. Toe gaan ek vanoggend sommer vroeg dokter toe.  Hy besluit op aggresiewe behandeling: twee inspuitings (ja, twee!) en die gewone handvol pille vir elke verwante gebeurlikheid en ook ‘n  hoesstroop. Nadat hy die tweede spuit toegedien het laat hoor hy met so ‘n sardoniese glimlaggie “Daai laaste een is magnesium. Dit gaan so ‘n bietjie brand. ” Bietjie van onderbelemtoning. Nou moet ek gaan sit as ek aan die hoes gaan, anders steier ek rond soos Pinocchio wat die moon walk doen.  Dink aan my in my uur van ongemak en pyn, Liewe Leser.

(Terloops, die wat nie Lidi de Waal se ongekunstelde gediggies en kleurvolle sketse ken nie, kyk haar op Facebook en koop haar boek Die Kleur van Woorde as Kersgeskenk vir jouself)

 

24 thoughts on “Somersnot”

  1. Ai tog Lewies, ek hoop jy droog gou op.

    Uhm, wel nie jy nie, eerder jou snot. 😆

    Dankie, ek gaan dadelik die vrou soek hoor. En gou beter voel! (my man sou natuurlik die ding gemelk het hoor, hoendersoppies and all jy weet.)

    1. Dankie–daai inspuitings werk magic. Ek kry nogal baie simpatie hier by die huis! Ek hoop jy hou van Lidi, ek is gek oor haar raak en eerlike segoed. Ek het ses van haar boeke gekoop as geskenke.

  2. Lewies, ek is nie seker waar julle bly nie, maar moet asb nie diè kant van die grens kom kuier nie. Want in Harties steek ons almal gelyk aan, en ek kry DIT altyd die ergste. Veral die snotsiekte…daai een loop in strome tot binne in ons dam.☺ Hoop die medikasie skop sommer vinnig in.

    1. Tot vier jaar gelede in Klerksdorp gebly en baie in Harties omgewing gekuier. Lekker herinneringe aan daai mooi plek. Bly nou in Hermanus, hier is baaaie meer water as in Harties! Voel of die snotproduksie nou begin afneem.

  3. Ek het nou amper gese ek wil ook daardie inspuiting he, toe onthou ek dit kom met ‘n naald. Ek sal maar by hoendersoppies hou. Wonder of ekstra kalsium en magnesiumpilletjie gaan werk….

  4. Nou’t ek weer lekker gelag! Jy vetrel dit so mooi!
    Hoop die winter het jou goed behandel en nou laat julle alweer hoog somer toe neuk dat die somer griep nie weer toeslaan nie! Daai snotdoekies is nie vir stoere mans gebou nie… sterkte! 😉

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s