Daardie vermaarde droefgeestige digter van ouds, Eugene Marais, het voordat hy die donker stroom ingewaad het tot die slotsom gekom dat daar in elke roos ‘n dowwe blaar is, in die soetste wyn ‘n druppel gal. Wel, vir sy postume edifikasie kan ek nog een byvoeg, elke kabel het ‘n kinkel. Gister voel ek perdfris en honkie donkie na die twee spuite wat in my kranke sisteem ingepomp is en die eerste inname van die voorgeskrewe medisyne, sommer lus vir die lewe. Ja nee, ek kon skerts oor die snotterige skunnighede waartoe sommige van my lesers hier en op FB gedryf is, veral die wat verband getrek het met pot snot. Vandag is my mediese kondisie van snot na pot. Dis die kinkel in die kabel–anti-biotika maak alles vrek. Flora en fauna van die menslike sisteem, gone with the wind (is dit ‘n pun?) ten spyte van inname van Lactobacillicus en Bifido bacterium en Streptococcus verpak in Probiflora Adult Intensive (now listen carefully, soos vermaan deur niemand anders as ons geagte pres. nie) intensive nogal, Rescue. Maar snot produksie is gestaak en nou het ek tyd om daar in die kleinste kamertjie die Hermanus Times te skrutiniseer.
Ons het as kinners ook net koerantpapier gehad om in die kleinhuisie mee te “skrutiniseer”. Deesdae het ons darem tweelaag skrutiniseerpapier.
Ja anti biotika het voordele en nadele hoop jy voel gou beter
Ner bly die snot siekte is agter die rug. Want altwee gelyk kan dalk ń probleempie raak. So met die nies saam…
Dan is dir ‘n kwessie van prioriteite ken!
Neeeeee wat vertel jy my… oudword is nie vir sissies nie
Kyk, daai anti biotika bomme sal selfs vir Simson op sy kniee trek!
Jy is in my bede. Die reis na gesondheid is nie vir sissies, en jou woorde gee krag aan almal wat saam met jou dur dit gaan
Gedeelde pyn is mindere pyn, of iets in dier voege!
Baie goed gestel 🙂