Die sirkel van tyd

In die sirkels van tyd bly die spel dieselfde

Maar gedurende die game blaas die fluitjie kort-kort

vir ‘n speler om die veld te verlaat

sonder verduideliking of askies

Die spelers verstaan nie altyd die toepassing van die reels nie

Soms blaas die fluitjie lank

oorpynseer lank

en soms sommer net so piert

Die fluitjie blaas vir ou spelers en vir nuwe spelers

Sommige is al moeg gespeel, krank na kniee

Die littekens van die snymes ‘n kaart van hul lewe

Die nuwes wil nog speel,

Die game is hoeka nie verby nie

Maar as die fluitjie blaas moet jy af

Skielik is die game plan opgefok

En die res van die span moet nuwe planne maak

Planne wat nie altyd uitwerk nie

Daar is geen bekerseremonie nie

Net die game.

Advertisements

6 thoughts on “Die sirkel van tyd”

  1. Lewies, jy het die lewe eintlik in jou verse bymekaar gebring, opgesom. Ek weet nie of dit jou bedoeling is nie, maar vir my het jy diep geskryf en steek daar hartseer tussen die sinne in.

    1. Ja, die skryseltjie is veronderstel om op meer as een vlak te werk–maar dis mos wat lekker is om so-iets te lees–mens lees allerhande dinge daarin raak. Lees maar, er staat niet wat er staat!

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s