Mag jy op wolke seil hierdie jaar
Spierwit wolke sonder bliksems en donners
Net met die vaste belofte van reen
Mag jy lekker lag hierdie jaar
Sommer so ‘n lawwe lag uit jou hart uit
Wat mense laat omdraai en smaail
Mag jy lus voel om te dans hierdie jaar
Nie strictly come dancing nie
Sommer net kaalvoet dans op ‘n houtvloer sonder splinters.
Short en Sweet – nes myne Lewies. Perfek.
Ek stem saam met Vuurklip – laat die mymeringe voortduur sodat ons 2017 saam met jou kan lag, so uit die hart uit.
Ek “hak” ook by jou ander kommentare in. Jou wense bring sommer opwinding tafel toe.
Dankie Lewies.Mag ons ook meer van jou opbeurende griffels beleef in 2017!
‘n Mooi wens Lewies, dankie. Alles wat mooi en goed is vir jou en joune ook.
Dankie Olga!
Lewies, wees geseend uit jou sokkies uit.
Mag jy net so lekker dans en lag!
Mag jy braai en ‘n lyntjie in die water gooi!
May die blomme mooi blom vir jou en die geliefdes nie vir jou te moerig maak nie!
Gellukkige Nuwe Jaar! 😉
Lekker speel daar onder in die goeie ou Kaap!
Cool! Dankie!