Die wee van die liefde is duister. Die liefde hoop alles, glo alles, verdra alles. In die euforie van die liefde word beloftes gemaak, “Ek sal alles vir jou doen.” Totdat die beloftes beproef word.
So sit ek en Vroukie gister daar op Kaapstadse lughawe en wag vir my tante om doer ver uit die Noorde aan te kom vir ‘n twee weke lange kuier by ons. Ons het vroeer koffie gedrink en ‘n geurige broodjie geeet en om die asem te verfris vir die soengroetslag kou ons aan ‘n kougom. Myne is later net ‘n smaaklose stuk iets in my mond. Tyd om daarvan ontslae te raak. Die naaste vullishouer staan daar doer ver. Ek oorweeg dit ernstig om die stuk kougom ongemerk onder die stoel te plak, maar nes ek my vingers in my mond het voel dit vir my asof die leerskare wat daar in die aankomsaal sit en wag se oe op my gevestig is, so asof almal soos een man sal opspring as ek dit sou durf waag om so van die kougom ontslae te raak en hul vingers na my wys en luidkeels uitroep “Its him ! Its him! Its the chewing gum sticker!”
Ek loer na Vroukie en sien dat haar kake bewegingloos is. Wat het sy met die kougom gemaak? “Wat het jy met die kougom gemaak?” “Ingesluk”, antwoord sy. Nou kyk, vir kougominsluk is ek vrekbang. Kleintyd al het my ma my ernstig gewaarsku dat dit sal lei tot knoop-in-die-derm, ‘n allevreeslikste toestand, veral as die knoop stywer getrek word. Gedagtig aan die belofte “Ek sal alles vir jou doen” vra ek dus vir Vroukie of sy myne ook sal insluk, asseblief.
Sy se niks, maar haar kyk spreek boekdele, sommer baie bladsye vol vetgedrukte skrif met baie uitroeptekens en ander skriftekens soos # en *.
Toe sluk ek maar. En tot dusver nog geen knoop-in-die-derm nie.
😯
Hehehehe, lekker glimlag ek vir jou!
Lekker lag ek nou!
hehehehehe
ek moet sê dat ek vir 44 jaar al my kougom insluk en ek is nog okay. Moenie komkommer nie ltl
Ouvroustories!
Se Ek ook
Giegiegie. Hoekom is ek altyd aan vroukie se kant? Maak dit van my ‘n feminis?
Nee wat. Ek is gebore to suck the hind tit!
Hehehehe … dit bewys net menslike liefde is nie/nooit onvoorwaardelik nie.
Om iemand anders se kougom te moet sluk klink nie vir my na n goeie versoek al is dit jou eie vroutjie. Daardie geknoopte derm het ek ook van gehoor. Ek het kinders hul kouseltjies in n blik laat gooi en volgende een wat koe moes sy eie uitspoeg en n ander gekoude een vat. Nooit gebeur nie. Hul gril hul dood, en kou ook nie sommer weer in die klas nie,
Grillerige plan, maar ek glo dit het gewerk!
Werk soos n bom. Selfs die swart kindertjies het nie van die idee gehou om n ander ou se kousels te moet kou nie. Jy weet mos hul is so lief vir die oopmond kouery.
Grillerige plan, maar ek kan glo dit het gewerk!
Vreugde is om ‘n blog te lees en kliphard uit te bars van die lag .. dat die stomme dik hond opvlieg !
Nou ja, ek is bly dat ek jou kon laat lag!
Kostelik soos altyd,Lewies!So dis jou kousel wat nou die dag aan manlief se knie vasgeplak het.Sy broek was so bevark,dat ons ys moes vra by die eetplek,om die taai spul af te skuur😜
Dit kan ‘n liederlike gemors afgee. Ek dink party mense se kousels is taaier, het seker met die viskositeit van hul speeksel te doen!
😂😂
Ai… hoekom glo ons nounog alles wat ons ma’s kwyt geraak het!! 😉
Dis diep ingeprent!
Ek hoop jy oorleef dit!
Jitte, my pa was geweldig gekant teen kougom. Hy was mos skoolhoof en ons mag nooit gekou het nie! Ek sluk baie my beechies in … maar al wat dit knoop is my woorde.
Sien, dit was sommer ‘n ouvrou-storie!