Hier’s hy weer hier’s hy weer
Die snotsiekte voor my deur.
Ja Liewe Leser, pestilensie en ellende staan geil hier in onse woning. Die keer is dit ‘n double whammy, soos Esme Euvrard se Punch, the Two Fisted One van toet. Kadoef kadaf. Ek en my genote in die eg slagoffers van die booswig-bakterie. Ons hoes ‘n duet, eers val ek in met ‘n roggelende bariton, dan neem sy die melodie op met ‘n onsekere falsetto. Ons ervaar erge ongemak as ons praat, dus praat ons net die allernodige. Rus en vree op ‘n vreemde manier, g’n niks van ” Dink jy nie ‘n mens moet…” of dergelike opflikkeringe van vroulike kreatiwiteit wat gewoonlik impliseer dat ek die leer, die boor, die verlengkoord, die korrekte grootte boorpunt, die korrekte grootte muurproppies, die korrekte grootte skroewe, ‘n hamer, ‘n skroewedraaier, ‘n stoflap en die skoppie en besem ten eerste moet opspoor, die huis indra, korrek gebruik en dan weer moet terugdra na die garage, en die keer op hul behoorlike plekke bere. ‘n Plek vir elke ding en elke ding op sy plek. En ek wens ek kan hierdie blerrie snotsiekte ook vir eens en altyd op sy plek sit.
As jou neus loop moet jy net teen die regte spoed saamloop en Bob is jou antie.
Sterkte!
Haha!
π· Bly weg van my voordeur af. My hele huis hang vol knoffel en Genis staan wag in die gang. Ek het ook nou genoeg gehad. My nies-rekord staan op 13 niese na mekaar.
Wat gebruik jy vir die nies? Peper?
Ha! Noem jy my ‘n boelsh*tter? Dis ‘n genuine nies.
Nee!!! Dis te gou na jou vorige aanval! Verdomp tog. Maar sterkte.
Dankie! Lyk my die vorige sessie het my immuniteit verwoes.
Wat het die dr toe bevind?
AI word gou gesond!
hoop julle word sommer gou beter!
Dankie, Ek was twee dae in die hospitaal met bronchitis en voel nou heelwat beter.