Jy weet, Insomnia, jy’s ‘n slet
Spring sommer met elkeen in die bed
En as ek se Uit!
Pruil jy jou lippies in ‘n tuit
En se, ek kom weer, ek sal jou wed.
Jy weet, Insomnia, jy’s ‘n slet
Spring sommer met elkeen in die bed
En as ek se Uit!
Pruil jy jou lippies in ‘n tuit
En se, ek kom weer, ek sal jou wed.
Wat is die slaap ’n wondersoete ding!
Sag op haar bloue oë daal die vaak
soos maneskyn diep waterkuile raak
om daar te droom in silwer skemering.
Vir laas beef oor haar lippe ’n fluistering:
“Nag, Pappie.” Ek merk hoe langsaam hy genaak,
wat drome soet tot werklikhede maak:
in vaderarms rus my lieweling.
Sluit so my oë, God, wanneer vir my
u Engel wenk ter laaste, lange rus
en ek van wilde woeling hier moet skei;
dat my dan stille drome huis toe sus
en sterke Hand deur duisternisse lei.
Sluit so my oë, God, as ek gaan rus.
– DF Malherbe (Slaap)
Wat ‘n versugting. Maar dis nie almal beskore nie.
As sy in die middel vd nag kom
Rol mens om en om en om
Dink jou dinke en in jou kop
Los jy die wereld se probleme op,
Skryf jy glad rympies oor die slet:
Sy’s dus ‘n goeie ding in jou bed!
Daai dinke dink in die klein ure van die nag!
Nee man, gooi haar uit jou bes sy is n “slieweslet”
Haha! Slieweslet inderdaad! Bekruip my as ek haar die allerminste verwag!
HieHie – goed gestel. en klink my hoe ouer die man (mens), hoe erger die aanval …
Mens verloor die vermoe om by te hou.
Siestog jy het my innige empatie, simpatie ens!
Dankie.Ek is nou al heel gatvol vir die gehoes.
Dis nes jy daar sê.
oulike rympie 🙂