To pee or not to pee

“Het Oom al gepie Oom?” Die mooi klein nursie loer by die gordyn verby

”Nee nog nie” prewel ek deur ’n post narkose waas.

“Dokter se oom kan nie huis toe gaan voor oom nie gepie het nie”

“Ek weet, maar daar’s niks”

“Oom moet meer water drink” en sy bring nog ‘n beker. 500 ml Die blaas inhoud is 400ml, en ek het al ‘n beker of twee in.

“Het jy al gepie?” Die keer is dit die ander nurse, die sterk een.

“Jy moet pie, anders sit ons ‘n kateter in. “ Sy se “kateter” dat dit klink na ‘n Middel Eeuse martel instrument. Dit lyk of sy uitsien na die taak.

“Het jy al gepie? “ Hierdie keer is dit die saalsuster. “Wees rustig. Sit sommer op die pot en maak die kraan oop.”

“Die warmwater kraan Oom “kom die raad van die mooi klein nursie wat hier oor die suster se skouer loer.

“Nee, die koue waterkraan” Dis die sterk een wat nou ook by die groep aansluit.

“Maak sommer altwee die krane oop” kom die raad van die vrou wat die vloere vee.

“Sukkel jy om te pie?”vra een van my mede-pasiente se besoekers.”My ou man pie altyd na sy derde koppie tee in die oggend.”

“Haai nee!”  My man pie weer eerste ding in die oggend. Dis gesond, jy weet. Nugter pie.”  val ‘n ander besoeker in.

Al die welmenende raad ten spyt bly die pie weg. Die drukking bou op na etlike 500ml bekers water. Later darem so drup-drup.

“Hoeveel pie is pie? “ vra ek die suster.

Die sterk een staan nader.  “Ek dink ons moet ‘n kateter  insit” se sy dreigend en knak haar kneukels

Net daar voel ek ‘n dringende behoefte. “Verskoon my” se ek , “ek moet gaan pie”.

Bogenoemde na aanleiding van ‘n blaas en prostaatondersoek wat ek gister moes ondergaan.

 

 

Advertisements