“Het Oom al gepie Oom?” Die mooi klein nursie loer by die gordyn verby
”Nee nog nie” prewel ek deur ’n post narkose waas.
“Dokter se oom kan nie huis toe gaan voor oom nie gepie het nie”
“Ek weet, maar daar’s niks”
“Oom moet meer water drink” en sy bring nog ‘n beker. 500 ml Die blaas inhoud is 400ml, en ek het al ‘n beker of twee in.
“Het jy al gepie?” Die keer is dit die ander nurse, die sterk een.
“Jy moet pie, anders sit ons ‘n kateter in. “ Sy se “kateter” dat dit klink na ‘n Middel Eeuse martel instrument. Dit lyk of sy uitsien na die taak.
“Het jy al gepie? “ Hierdie keer is dit die saalsuster. “Wees rustig. Sit sommer op die pot en maak die kraan oop.”
“Die warmwater kraan Oom “kom die raad van die mooi klein nursie wat hier oor die suster se skouer loer.
“Nee, die koue waterkraan” Dis die sterk een wat nou ook by die groep aansluit.
“Maak sommer altwee die krane oop” kom die raad van die vrou wat die vloere vee.
“Sukkel jy om te pie?”vra een van my mede-pasiente se besoekers.”My ou man pie altyd na sy derde koppie tee in die oggend.”
“Haai nee!” My man pie weer eerste ding in die oggend. Dis gesond, jy weet. Nugter pie.” val ‘n ander besoeker in.
Al die welmenende raad ten spyt bly die pie weg. Die drukking bou op na etlike 500ml bekers water. Later darem so drup-drup.
“Hoeveel pie is pie? “ vra ek die suster.
Die sterk een staan nader. “Ek dink ons moet ‘n kateter insit” se sy dreigend en knak haar kneukels
Net daar voel ek ‘n dringende behoefte. “Verskoon my” se ek , “ek moet gaan pie”.
Bogenoemde na aanleiding van ‘n blaas en prostaatondersoek wat ek gister moes ondergaan.
Ai Lewies dat dit nou SO kan sukkel om te pie…. 🙂
Taff, bitter taff!
Mense wat nog nie gesukkel het nie, sal nie weet hoe erg dit is nie – van een wat weet
Groot onplesierigheid!
Jou storie laat my dink aan ‘n Schuster lied: Vat die bottel, fluit in die fles!
Daai kateerder: Een dag lê ek in intensief, kateerder in die voël op. (Ek was Matriek. Jou penis was ook jou voël genoem.)
Droom ek een aand ek maak myself nat. Word wakker, in die bed en voel hoe ek pie. Sonder genade. Sonder ophoud. Amper voeg ek nog myself beskeit ook by. Dank genade vir die kateerder.
Dankie vir die pis storie, Lewies.
Sterkte met die blaas.
‘n Man moet in beheer wees!
Hierdie was nou een baie snaakse, ek sê dit egter met respek, storie om te lees. Ek kon elkeen van die verpleegsters se houding en gesig my indink. Om die draai is ek ook weer daar, so jy help met die voorbereiding.
Mens moet maar die humor in so ‘n onwaardige situasie insien.
Maar let wel, nie vir ñ prostaat ondersoek nie, hoor.
Gaan jy daarvan vertel? 🙂
Kan net dink hoe ongemaklik dit moes wees!
Ek het darem oorleef om die storie te vertel!
Gelukkig is dit nou verby en ek hoop die bevindinge is goeie nuus.
Dankie Tina, Ongelukkig is mens mos maar geneig om die bobbejaan anderkant die bult te gaan soek.
Laat my dink aan ‘n paar ou vuurklip limericks:
‘n ou man van Veertien-riviere
het vreeslike las van sy niere
by elke pissoir
sê hy ek pis swaar
dit het ek nou van te veel biere!
daar was ‘n ou man op De Aar
sy blaas is so vol hy voel naar
hy kla steen en been:
ag waar moet ek heen
is daar op De Aar ‘n pissoir?
Ai,Lewies op sy beste!😂
Baie slim! ‘n Pissoir op De Aar!
🙂
En vandag nog ‘n bietjie beter!
kielie kielie, lekker lag ek nou en toe vat dit my sommer terug na vervloë jare toe ek ook nog “die oulike nursie” was…
Ek glo jy was een van daai deernisvolle nursies.
Netso 😊
Sorrie… ek het lekker gelag, vir jou verleenheid!
Ek sou my sommer lieflik benat het as ” Nurse Fletcher” haar mond oopgemaak het! Heks! 😉