Baie dankie aan almal wat my moed inpraat en raad gee in my stryd teen die gogga in die prostaat. In my gedagtes sweef al daai goeie wense, gebede en “ek dink aan jou ” na ‘n kollektiewe i-cloud daar erens vanwaar dit my krag en genade bied om hierie ding te verwerk.
Ek was vandag weer by die uroloog om ‘n paar onsekerhede uit te klaar. Ek het eers by Dr Google gaan kers opsteek maar sommer die heel eerste bladsy wat ek daar lees was so ontstellend en negatief dat ek die rekenaar afgeskakel het. Dalk sou ek verder wel nuttige inligting kon opspoor, maar die site waar ek was het my gemoed negatief besoedel.
Daar is drie opsies om die kanker te behandel–radikale verwydering van die prostaat, radioterapie (bestraling) of bragi terapie, ook ‘n vorm van bestraling waar radio-aktiewe saadjies in die prostaat ingeplant word. Nadat ek lank daaroor nagedink het het ek tot die besluit gekom om die die prostaat met wortel en tak te laat verwyder, dis immers die setel van die kwaad. Natuurlik is daar slegte newe effekte, maar ek glo dat ek dit te bowe sal kom.
11 Mei klok ek in by Mediclinic, die derde keer die jaar. Annus horribilis inderdaad.
Ai Lewies. Dat die dêm ding so kan karring.
Baie sterkte vir jou. Ek gaan aan jou dink hoor.
Dankie!
Lewies, jy het ñ klomp van ons ‘agter’ jou, en in die gees ‘by’ jou.
Op my FB se ek al daai gedagtes en goeie wense gaan in ‘n kollektiewe i-cloud in vanwaar dit my meehelp om deur die ding te kom.
Jy moet bly skryf daaroor, selfs die bang gedagtes. Dit sal help, jy weet dit. En dan betrek jy die res van ons. Onthou Lewies, mense wat omgee wil ingetrek word. Het dit nodig. Sterkte.
Waar woorde. Dankie vir die bemoediging.
Sterkte j
Dankie!
Sterkte.
Die jong man kon meters ver pis,
Vandag drup die ou man die pispot mis.
Die “Sanitary Engineer” wat ons plumbing ontwerp het is ‘n amateur.
Ja nee, die plumbing raak uitgewerk!
Sterkte… die wag is die swaarste.
Jy’s reg, ek voel ek kan nou gaan inboek en die ding agter die rug kry.
Goeie besluit! Daardie wortel en tak uitroei sal werk. Dis maar n opdraande pad maar dink net daar kom weer n afdraande ook. Soos my wyse moeder altyd gesê het: Hou de moed der maar in!(Sy was Hollands en daar is sekere uitdrukkings wat ek nie sommer sal vergeet nie)
Ek dink aan jou en aan jou Vrou en kinders, almal tesame deurleef die onsekerhede. Goed gaan.
Bly ver weg van dr google, hy gaan jou baie, baie bang maak. Dag vir dag as daar goggas is wat pla x
Ek het daai les goed geleer!
Ek is bly ek verkneukel my oor als wat dr Google kwytraak, dit is sommer om enige persoon onmiddelik na die begrafnisondernemer te laat hardloop vir hul “amper nabye houtpak” – Jy gaan okay wees, luister mooi na jou vleeslike dr – hulle ken van 😚
Dankie Elane. Almal se woorde van bemoediging laat my meer gerus voel.