Dis ‘n nagmerrie…

Ek wens die prostaatoperasie is al verby. Dit ry my bloots. My senuwees is moer toe, poerdes des merdes. Ek kry die allerverskriklikste nagmerries. Laasnag droom ek ek sweef in die lug, doer bo. Mense seil op sulke wasige pienk wolkies verby. Party plienk aan sulke lieragtige musiekinstrumente, Dan word die wind sterker, draai suid –oos, en van die wolkeridders sweef nader na my toe. Soos hulle nader kom word die musiek duideliker, ‘n vaag bekende deuntjie word dralend aangedra, word al hoe sterker. Dan kom ‘n wolkie verby met twee bekendes, dis hulle wat die deuntjie sing—dis nou hard en duidelik. Dis Karen Zoid en Francois van Coke! Ek hoor die lirieke “Geen retensie, geen beheer!” Dan neem die wind toe in tempo, word ‘n ware swart suidooster, ‘n dreigende donker wolk verskyn uit die niet, dis net bliksems waar jy kyk. ‘n Gestalte neem vorm aan in die wolk, dis die Sterk Nurse! sy het ‘n swart Schutzstaffel (SS) uniform aan, die doodskopbeen grynsend op haar pet. In perfekte Duits se sy “Mein Onkel, it iz now ze time to put in ze catheter! Nein?!”
En toe word ek genadiglik wakker.

Advertisements

15 thoughts on “Dis ‘n nagmerrie…”

      1. Gelukkig! En na die tyd gaan dit ook nodig wees… jy gaan met ander oë na elkeen kyk wat by die kamer inloop… Baie stories gaan uitbroei en die posiesie van die K kan dit besonder ammusant wees.

  1. Lewies, ń mens se onderbewussyn verwerk maar al die onderliggende vrese op hierdie manier. Eintlik tot jou voordeel, want dit is onskadelik. Voel jou drome, voel als in hierdie proses. “He has you”. Jy sal hierdeur kom.

  2. Ek het vanoggend weer op die internet geland en nou kan ek darem ook my stem byvoeg en sê “Sterkte, ou maat”. Ek dink die naarste deel van hierdie gogga is juis al die stories wat jou brein homself wysmaak. Dis jammer dat jy so lank moet wag vir die operasie, want ek voel altyd dat dit liewer moet verbykom en klaarkry. Die gewaggery werk net op ‘n mens se senuwees. Alles van die beste vir jou en vroukie in die moeilike tyd.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s