Ons het al almal lekker gelag oor die Nederlandse advertensie vir “Opfokmeel” wat ‘n tydjie gelde die rondte gedoen het op FB en elders. Dit blyk toe heel onskuldig groeimeel te wees, in die geval vir hoenders. Nou kyk, ek is oortuig ek is nie Ouma Meelbol gevoer kindertyd nie, maar wel opfokmeel. Erens in een van haar gediggies vertel Lidi de Waal van hoe om die “onopfokbare op te fok” Dis ek daai. Ek het die vermoe om die onopfokbare heeltemal propperlies op te fok, en dit alles in ‘n poging to fix what ain’t broken. Desjare dag ek ek kan mos baie geld spaar as ek nou selwers my kar diens. Na ‘n helse gesukkel om die vonkproppe eers uit te draai en dan weer in te draai spring die Opeltjie soos ‘n broncobul op ‘n landbouskou. Vanoggend vind ek uit dat mens liefs nie die rubberdekseltjie op ‘n besproeiingsspuitkop, of te wel ‘n irrigation nozzle, moet afhaal nie. Mens kry hom nie terug nie. Nie eens met ‘n hamer nie. Die water borrel nou daar uit asof Moses self hom met ‘n stok geslaat het. Skoenmaker hou jou by jou lees, lui die gesegde, of soos my ma my kleintyd tereggewys het “Jy vat nou nie weer aan iets nie!”
vuurklip se hande staan vir niks verkeerd nie. Dis net dat die meeste goed gedurig verkeerd gaan …
Sug …
Ek verstaan presies hoe jy voel! My ma het ook gereeld gese: ” Jy vat nou nie weer aan iets nie!”
“Nie eens met ‘n hamer nie.” Haha, ek kan dit voor my geestesoog sien – die hamer en die spuitkop.
Desperate measures!
Besproeiing? Dis hier so droog ons mag nie eers in tuin piepie nie: Tuinslange verboten!
Syferwater–dit het wel gesak maar met ‘n bietjie pamperlang is daar water.
Ok Lewies, ek sit nou behoorlik hier op die bank vir jou en lag!!!
🙂
Hehehehe… gelukkig is my pensioentjie genoeg dat ek iemand kan huur vir werkies waarin ek nie my neus moet steek nie.
Ek het nou tyd om sukke goete te doen, maar die vaardigheid ontbreek!
Mens is slim genoeg om jou beprerkinge te ken en iets daaraan te doen
Haha,Lewies…jy maak my dag!
🙂
Ja jong, wanneer mens goed wil doen werk dit ook maar nie regtig nie. Vroeër jare was ek nogal handig gewees maar nou met “ou” oë, hande en knieë werk self regmaak gladnie meer nie!
Ek voel dit ook so aan my lyf, veral as dit by inspannende werk kom. Dan staan ek sommer tru.
Hier ook! As ek eenmaal om my knieë is kom ek nie maklik meer regop sonder nodige steun nie.
Ai, die krankemente van die senior jare! Hulle bekruip mens soos ‘n dief in die nag.
Ek hou van jou Header foto!
Dit is nogals ‘n pragtige foto is dit nie? Ek wonder van waar is dit?
Dis vanaf Voelklipstrand na die woongebied Voelklip geneem. Moerse grand huise, en die meeste van hulle is onbewoon, net vakansietyd sien jy mense daar.
Ek wou nie vra nie maar het ook gewonder waar dit is!
Herre tog. My ou Chevie Spark kort hoeka ‘n service. Ek weet nou waar om hom nie heen te vat nie!
Maar hey, ek voel jou pyn. Oorle Pa het my mos altyd gereken ek is useless as dit kom by meganika.
Hoeka dat hy altyd die spanner ongeduldig by my gegryp het as daar aan karre gewerk is en ek weggejaag is om koffie te gaan maak!
In ons familie staan almal verbaas as ek dit regkry om ‘n spyker in te slaan sonder dat hy ombuig en sonder dat my duim in die slag bly.Laasgenoemde word gewoonlik vergesel deur harde uitroepe van kru taal. 😦
Oeg wel – ek sou dink ten minste probeer jy darm …
Ek kies maar waar ek my hande aansit… ek is goed met meganiese dinge um… opfokkery
Enige talent is ‘n talent!
Haha! Ja, seker!