Uit en tuis

Die Groot Operasie is verby en na ‘n verblyf van ‘n paar dae in die hospitaal is ek vanaf Woensdag weer tuis. Aanvanklik met allerhande pyne en ongemak wat my beweeglikheid erg aan bande le, maar sedert gister heelwat gemakliker. Ek moet darem se Vroukie se ondersteuning en hulp en TLC is net die ding wat my weer op voete sal help. Ek is nog gekateter tot volgende Maandag wanneer ek weer die uroloog besoek. Hy sal dan ook die PSA toets en as ¬†die telling nul is, is ek ok. Indien nie het daar kanker agtergebly. Maar ek is vol hoop dat alles verwyder is.

 

D-day

Aanstons klok ek in by Hermanus Mediclinc vir die prostatektomie, en more oggend vroeg is ek onder die mes. Geen opwindende vooruitsig nie, maar aan die ander kant voel ek dat die ding nou agter die rug kom, Dit bly so ‘n knaende kwelling hier in my agterkop. As alles goed gaan behoort ek weer teen¬†Maandag ontslaan te word. Daarna le ‘n hersteltydperk van ses tot agt weke voor. So met Vroukie aan my sy, ‘n vuurtjie in die kaggelstofie, die twee werfbrakke by my voete en ‘n stapeltjie boeke byderhand behoort dit ook gou verby te wees.