Aanstons klok ek in by Hermanus Mediclinc vir die prostatektomie, en more oggend vroeg is ek onder die mes. Geen opwindende vooruitsig nie, maar aan die ander kant voel ek dat die ding nou agter die rug kom, Dit bly so ‘n knaende kwelling hier in my agterkop. As alles goed gaan behoort ek weer teen Maandag ontslaan te word. Daarna le ‘n hersteltydperk van ses tot agt weke voor. So met Vroukie aan my sy, ‘n vuurtjie in die kaggelstofie, die twee werfbrakke by my voete en ‘n stapeltjie boeke byderhand behoort dit ook gou verby te wees.
Baie sterkte Lewies.
En geniet die paar af weke. ‘n Man moet ook mos lees.
Dankie! Ja, lees en TLC!
Sterkte Lewies. Sal defnitief môre deur die dag vir jou ñ gebedjie opstuur.
Dankie!
Ag eina,Lewies…sterkte hoor!
Dankie!
Mag jy gou weer op die been wees …
Sterkte
Dis goed jy is so positief. Gelukkig doen hulle wonderlike werk nousedae Sterkte EN sterkte vir Vroutjie – of is jy ‘[n maklike pasiënt?
Jy en Vroukie is in my gedagtes – sterkte vir julle.
Sterkte en wees nie bevrees nie, dinge sal gebeur soos dit moet en die werf brakke sal jou inwag op Maandag.
Sterkte Lewies!