Die Groot Operasie is verby en na ‘n verblyf van ‘n paar dae in die hospitaal is ek vanaf Woensdag weer tuis. Aanvanklik met allerhande pyne en ongemak wat my beweeglikheid erg aan bande le, maar sedert gister heelwat gemakliker. Ek moet darem se Vroukie se ondersteuning en hulp en TLC is net die ding wat my weer op voete sal help. Ek is nog gekateter tot volgende Maandag wanneer ek weer die uroloog besoek. Hy sal dan ook die PSA toets en as die telling nul is, is ek ok. Indien nie het daar kanker agtergebly. Maar ek is vol hoop dat alles verwyder is.
Welkom terug, Lewies.
Baie bly alles het goed gegaan. Sterkte!
Mooi man. Welkom tuis en ons hou duime vas dat alles uitgesny is!
Bly jy is weer tuis. Sal jou in ons gebede hou vir die uitslae van die toetse. Maar ek glo dat alles sal goed gaan.
Baie sterkte Lewies! Ek hou saam duimvas.
Net toe ek my vanoggend voorneem om op een van die bloggers se posts te vra of iemand weet hoe dit met jou gaan! So bly jy is by die huis en ‘op die lug’, Lewies. Ons glo saam met jou dat als verwyder is.
Welkom. Dis ‘n naarheid om so te wag vir ondersoeke en uitslae, maar ons wag saam met jou (met optimisme).
Ek hou duim vas dat die dr sommer als asblik toe gestuur het. Sterkte daar en sterk staan, want partydae is dit maar seer.
Sug… dankie tog…. sterkte vir die laaste stukkie!
So bly jy voel sommer baie beter!
Groetnis!