Ses weke later

Dit was gister nou net mooi ses weke na Die Operasie. Ek voel baie beter, amper 100%. Die wond het ook mooi genees, geen vrees meer dat ‘n stuk derm dalk  kan uitpeul as ek vinnig buk of buig nie. Maar jissie, dis vir jou ‘n lang snit! Hier van die naeltjie af ondertoe tot daar op die randjie van die Spergebiet. Nog ‘n entjie verder en ek kon die uroloog sif soe vir verlies aan , aan… ag, wat is daai ding tog nou weer? En g’n steke, sommer so toegeplak met iets wat soos Sellotape lyk. Die inkontinensie lol nog, dit het darem verbeter van geen retensie geen beheer na min retensie min beheer. Ek hoop dis sommer gou-gou volle retensie volle beheer.

 

Advertisements