Dit was gister nou net mooi ses weke na Die Operasie. Ek voel baie beter, amper 100%. Die wond het ook mooi genees, geen vrees meer dat ‘n stuk derm dalk kan uitpeul as ek vinnig buk of buig nie. Maar jissie, dis vir jou ‘n lang snit! Hier van die naeltjie af ondertoe tot daar op die randjie van die Spergebiet. Nog ‘n entjie verder en ek kon die uroloog sif soe vir verlies aan , aan… ag, wat is daai ding tog nou weer? En g’n steke, sommer so toegeplak met iets wat soos Sellotape lyk. Die inkontinensie lol nog, dit het darem verbeter van geen retensie geen beheer na min retensie min beheer. Ek hoop dis sommer gou-gou volle retensie volle beheer.
Mag dit net beter gaan vorentoe!
Jy klink soos ‘n liedjie … bly dit gaan beter
Die ewe is ‘n lied…sing bokker sing!
Hehehehe kan jy sing?
Nee! Dit tel nie onder my min talente nie!
Mmmmm as die staat ons pensioene vat sal jy dus nie vir jou geldjie kan sing nie…
Haha! Nee, verseker nie!
Vooruitgang! Ek is baie bly. Nou nog net die ondersoek en dan vorentoe kyk. Ek is seker alles gaan seepglad verloop.
10 Julie sal ek weet.
Dis nog ‘n lang wag en glo my, ek weet hoe dit aan ‘n mens kan vreet. Ek het Tetris gespeel, ure lank (en ‘n meester geword!), net om my gedagtes besig te hou. Sterkte.
Miskien is ek naief maar ek glo ek sal ok wees.
Ek reken ook so.
Ag Lewies, is dit nou heerlik om van jou te hoor!!! 🤗Amper 100%, dit is wonderlik.
Elke dag bietjie beter.
Drink jy iets soos Urispas… ten minste 200mg oor die toonbank, gewoonlik help dit met daai lg probleempie. Ek is bly jy voel weer jou amperse, ou siel dierbare Lewies.
Dankie vir die wenk, ek sal dit opvolg.
Mag jou gesondheid nou van krag to krag gaan Lewies. Jy bly in my bede hoor!
Dankie Wolfie!
May it get better furthermore beyond these six weeks 🙂 🍸
Thank you! I’m almost there, everyday a little better.