Jis Oom Jan Taks, Oom is nou wragtag ‘n baie gawe oom. Verlede jaar hierie tyd verbly Oom my hart met ‘n gul terugbetaling van my taksgeldjies, en vanjaar oortref Oom daardie hohe standaard wat Oom gestel het! En dit terwyl Oom so uitgekryt word as ‘n oom wat ons arme belastingbetalers kaalgat uittrek. Nee kyk, ‘n profeet word nie in sy eie land geeer nie, veral nie hierie mooie land wat so besmet is met Zuma en Zupta en kroeks nie. Dankie Oom Jan Taks.Oom is my hero Oom! Ons moes juis in die week ons faktap TV vervang, en die rekening vir die nuwe een le nog virgo intacta hier op die dreskas. Nou kan ek Vidi Vox van my nek af kry. Weet ook nie vir wat neul hulle ook so oor geld nie–‘n groot gedeelte daarvan gaan tog na Oom se koffers toe. Koebaai Oom, hef ‘n naais day! O ja, en se tog groete vir die antie!
Ja nee kyk. Daai gawe oom Jan van die taks-kis het my en die vrou ook goed gehelp toe die faktap medies nie die faktap dokters wou betaal nie.
Die oom se tydsberekening is van die bestes in die wêreld!
Sien jy nou–daar is ‘n safte kant aan Oom Jan Taks!
Ek beter my goed ook vir die oom stuur! Dalk sal hy ook vir my ‘n verrassing he!
Jy moet gou maak, netnou gaps die klein Taksies wat oor is!
Ek moet nog myne ook doen *sug*.
Doen dit gou! Strike while the iron is hot!
En dan is daar ekke. Wat in Januarie 2004 deur oom Jan Taks as dood verklaar is, met ñ bankrot boedel. Ek probeer hierdie deurmekaarspul al maande lank uitgesorteer kry, want ons het dit eers verlede jaar agter gekom. Moes nou die dag ñ beëdigde verklaring gaan aflê dat ek ek is en nog leef. Steeds sukkel dit.
Solank jy in hulle oë dood is, hoef jy hulle niks te betaal nie. Ek is sooo bly jy lewe!
Vaderland! Klink soos die Lied van Nuut Suid-Afrika!
Ek wag ook… Maar ek weet gaan hom moeilik so besing… sal darem ook groete vir die antie sê
Soos die graffito se: Die room van die volk is verkramp, en toe voeg iemand byMaar die antie is ok!
Sug myne is nog nie eers in nie maar ek sal nie so gelukkig wees nie
You never know you know–dalk is dit jou beurt.
Neeeeee wat ons staatamptenere het nie ‘n kans nie
Ek het dit een maal in my lewe beleef. Wat ‘n lekkerte!
Ja, dis plesierig ne? Monet from home, soos die Ingelse se.
Jy is n gelukkige man. Ek wonder hoekom die klomp vroumense nie hul papierwerk voltooi en instuur soos dit hoort nie? Dis hul eie skuld as hul niks kry nie. Die taks Oom het selfs vir my n bietjie terugbetaal al kry ek maar n skamele pensioentjie! Gawe Omie moet ek sê.(moet bysê die rand is niks werd nie, hul kan nie eers die bedraggie bereken in NZ dollers nie!)
Lyk my die klomp vroumense is nie meer lus vr papierwerk nie! So jou gasie was meer ‘n gebaar van welwillendheid!
Dis hom!
Kostelik gese!
Ek wag nog in my moer in vir myne!
Geduld o geduld wat so baie kan dra!