Wat sal ek saamvat?

 

Die donker branders breek donderend oor Rambo Rabie se lyf waar hy half versuip op die strand le. “Skipbreukeling!”  dring die onthutsende besef tot hom deur terwyl hy sy gekastyde liggaam moeisaam orent trek.  Hy voel soos Antonius van Java wat in 1652 op die Drommedaris gekielhaal is omdat hy vir Maria van Riebeeck gese het “Fraaie dame, wat een mooie kont heeft je!”

Rambo Rabie tuur oor die deinende waters, sy oe soek vergeefs na bruikbare wrakstukke. Niks! Alles meegesleur deur die verraderlike seestrome verby die eiland waarop hy hom nou bevind.Voels so groot soos Krismiskalkoene krys spottend vanuit die hoe palmbome. As hy net iets gehad het om hulle mee te skiet dan was hy verseker van voedsel totdat hy van die eiland af gered  word.

Met sy hand oor sy oe om die flitsskerp sonlig af te keer wend hy weer sy blik oor die woelende waters. Dan sien hy iets wat stadig aangespoel kom! O, wou dat dit iets bruikbaars is! is sy diepe versugting. Uiteindelik lig die laaste brander die voorwerp hoog die lug in en spu dit op die sand uit. Rambo storm nader. Wat!  Dis ‘n bloemin bloemer!  En ‘n grote ook! Seker daai bus van ‘n antie in kajuit 7 C s’n.  Teleurgesteld draai Rambo om. “Dan vrek ek maar hier van die honger” mor hy.

“Kweaaakoel!! Kweaaakoel!” krakeel die kalkoengevogeltes in die palmbome. En net daar kry Rambo ‘n plan, ‘n goeie plan, ‘n uitstekende plan! Hy storm op die bloemer af en ryg die broekrek versigtig uit. Dan breek hy ‘n mikstok van ‘n struik af en maak ‘n kettie!  “Kadoef!!” skiet hy een van die kalkoengevogeltes. Gelukkig het hy nog sy laaiter in sy sak en voor jy kan se “Ons gaan nou braai!” braai daai voel dat die sop spat.  Maar daar waar Rambo voor die vuur sit en braai piets die Suidsee-son hom ongenadiglik. Rambo kry weer ‘n plan. Hy skeur repe van ‘n palmblaar af en vleg die vesels saam in ‘n dun toutjie. Die ryg hy deur die materiaal van die bloomer en een, twee drie het hy ‘n hoed-jas-gedoente wat tot laag oor sy skouers hang. “Dis nou bloemin gelukkig” dink hy terwyl  hy die kalkoenerige sous met die rugkant van sy hand van sy mond afvee. “Bloemin gelukkig!”

Om die inskrywings van verskillende bloggers in Lê-Jou-Eier te geniet of om self ‘n eier te kom lê wat ons kan uitbroei en grootmaak, klik op die volgende InLinkz skakel:

Vir die reëls van hierdie eier-boerdery, om raad te kry oor hoe om deel te neem en om elke week se aankondiging van die nuwe onderwerp te sien, besoek die volgende skakel by Dis Ekke. Onder hierdie kategorie, kyk na die blogposte Lê-Jou-Eier: Reëls (2017-08-22) en Lê-Jou-Eier: Hoe neem ek deel? (2017-08-22). Laasgenoemde blogpos is opdateer op 2017-09-05.

 

Advertisements