Le jou eier: gene lieg nie

Nuwejaar 1959.  Die familie trek saam op Lewiesie se oupa aan moederskant se plaas. ‘n Hele paar karre staan in die koelte van ‘n paar bloekombome. Lewiesie se pa stoot die Plymouth se neus tussen hulle in.

“ Lewiesie” (dis sy ma wat praat) “Jy soengroet nou al die anties, en jy vee nie die soene af nie” Sy kyk hom stip aan, lek dan oor haar voorvinger en vee ‘n stofstreep van sy wang af.

“Jaaaa Mammie”

“En jy skud hand met al die ooms” voeg sy pa by. “ ‘n Stewige handdruk, nie so slap – visserig nie”

“Jaaaa Pappie”

Lewiesie skud blad met al wat oom is en hy soengroet die anties op ‘n streep. En hy vee g’n soen af nie.

“Darem ‘n deetlike kind, die Lewiesie” merk Ant Johanna Dawid op.

“Hy’t sy ma se mooi maniere geerf, sy pa se mense is maar nors” meen Ant Johanna Frederik.

“Hy’s nou nie eintlik ‘n oil painting nie” voeg Ant Johanna Boepie by.

“Hy’t sy pa se looks geerf. Sy ma se mense is mooi mense”  Dis Ant Johanna Fransoois aan die woord.

“Mooi maniere is meer werd as mooi looks” som Ant Johanna Dawid die situasie op. “En die het hy vir seker van sy ma se mense geerf. Sy ma se mense is oordintlike mense, goed gemanierd. Vreeslik gesteld op etiket  “

“Kyk net wat doen die klein helsimpie daar by die poediengtafel!” roep Ant Johanna Frederik ontsteld uit. “Hy skep sowaar van die souskluitjies met daai vuile pootjies van hom uit. Dink seker niemand sien hom nie!”

“Tipies! Aartjie na sy vaartjie!”

Om die inskrywings van verskillende bloggers in Lê-Jou-Eier te geniet of om self ‘n eier te kom lê wat ons kan uitbroei en grootmaak, klik op die volgende InLinkz skakel:

Vir die reëls van hierdie eier-boerdery, om raad te kry oor hoe om deel te neem en om elke week se aankondiging van die nuwe onderwerp te sien, besoek die volgende skakel by Dis Ekke. Onder hierdie kategorie, kyk na die blogposte Lê-Jou-Eier: Reëls (2017-08-22) en Lê-Jou-Eier: Hoe neem ek deel? (2017-08-22). 

 

 

Advertisements

15 thoughts on “Le jou eier: gene lieg nie”

  1. Lekker lag ek nou – daai afvee soen-ding doen ek nou nog, maar waar ek nou trek kus ek so wanglangs, dit irriteer die meeste ontvangers – maar ja, ek gril vir soene behalwe vir Bella sin, maar ja, Bella soen ook net op die wang met haar nat snoet…

  2. Deetlik! 😄 Lekker woord wat ek lanklaas gehoor het. Nou hoor hier, ek simpatiseer met ‘n ma en ‘n pa onder sulke omstandighede, want maak nie saak hoe mooi jy hulle leer en vermaan nie, hulle sal jou op een of ander manier in die skande steek. Lekker gelees.

  3. Ai dat die Ant Johanna Frederik darem so beperk was in haar mensekennis om jou aanvanlik so hoog aan te slaan 🙂
    Ek was die derde kind na 2 dogters is natuurlik gebore en het 5.2 kg geweeg. Ek vermoed ek het redelik gely met geboorte. Na ek gebore is het my pa gese: hy is lelik maar hy is darem ;n seun!

  4. Hierdie toneel wat jy geskilder het is beslis tipies van tye amper vergete. Dis vir my sleg as iemand eers die mond afvee voor die soen en dan na die tyd weer! Dis darem heel ongeskik, ha ha! Oorgeërfde maniere. Ek het die storie nou rerig geniet.

  5. Wat ‘n mooi manierde seun was jy nie!!!
    Almal gril vir die tannies se soene…. daarom draai ek my wang. Nou is ek lus vir daardie souskluitjies.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s