Dit was vandag maar koud en reenerig hier in onse kontrei en ek het die meeste van die dag in die garage en in die huis deurgebring. In die garage doenig met goeters wat gebreek het en wat nou na my aandag daaraan reddeloos oopgefok. In die huis met meer intelektueel stimulerende aktiwiteite soos FB,blogs, lees en fliek. Die mal broers Coen se Hail Caesar. Maar toe breek die son deur en ek dwaal in die tuin rond en maak jag op die slakke wat die nattigheid tussen die plante geniet. Ek kry dit nie oor my hart om die godskepseltjies dood te maak nie en dus gooi ek hulle oor die muur na buurman Pieter se erf. Maar vandag is die slakke so lig die effense windjie waai die doppies sommer weer terug. Nadat ek die slakdoppies deeglik bekyk het kom ek tot die konkluisie dat die slakke so lig is van maerte en uitgeteerdheid. Na diepe bepeinsing besef ek hy gooi die slakke natuurlik weer terug in my tuin, en so met die heen en weer gooiery bring die arme slakke soveel tyd in die lug deur dat hulle nie kans kry om te vreet nie!
Onse Lewies is ‘n Waardige erfgenaam van die ou Baron von Münchausen
Hehehehehehe … ek kry dit ook nie oor my hart om hulle dood te maak nie en so sterf hule van ouderdom
Hoop julle kry nog reën
Lekker gereen hier–30mm tot vanoggend. Baie dankbaar daarvoor. Die groot nood is egter in Kaapstad.
😄😄
Strontpraatjies! Onskuldige tydverdryf!
Nou hoe kan jy dit afmaak as strontpraatjies? Jy moet eers bewys dat daar geen wetenskaplike gronde is vir die genoemde3 feite nie. Newwermaaind, dis die klein stukkies humor wat ‘n mens se dag opvrolik.
Goeie idee, net jammer die goed vrek nie in die lug nie. Hul bly maar n verpesting. Ek het ongelukkig nie bure vir wie ek dit kan aangee nie. So n pot sout maak n borrelnde eind aan hulle. Hier is BAIE slakke met al die nattigheid.
Hulle is maar ‘n pestilensie. Die def. van ‘n slak is glo ‘n snotbolletjie met ‘n crash helmet!
Goeie beskrywing. Hul is regtig taai soos die geel/groen sn…bolle wat kinders kry.
Ja Lewies, so kry ek ook mos d slakje jamner. Wat kan mens doen?
Die beste slakbestrydingsplan wat ek nog van gehoor het!
Buurman dink nie so nie…
Julle hou julle op ‘n interessante manier besig! 😁
As mens kan bokdrolletjies spoeg kan jy seker ook slakke slinger!
Ek trap hulle sommer dat die sop spat! Sies!
Menz gooi die paddas so oor die muur na die buurman se fishpond toe … die worse kan paddas nie uitlos nie en dan is dit ‘n moerse gesukkel met skuimbekke en charcoal pille en melk …..
Ek ken! Had jarre gelede ‘n worsie wat nie die bleddie paddas (en die vlieende rysmiere) met rus kon laat nie!
Hahaha jy dink te veel!