‘n Klompie jaar gelede was daar ‘n Blitsfiksie kompetisie op Litnet Blogs: skryf ‘n riller in minder as 100 woorde. ek het ‘n paar pogings ingedien–hierdie was een van hulle, helaas nie suksesvol nie. ‘n Ander probeerslag het tweede prys gekry, ‘n stapeltjie boeke, as ek reg onthou.
Donkermaan
“Sy was maar twintig. Hy het haar hier, onder die stinkhoutboom, verwurg. Die dag voor haar troue. Jaloers omdat hy haar nie kon kry nie”.
Donkermaan. Die hond tjank-blaf bang. Glimmend sweef die lykswa nader, versier met troulinte en balonne, niemand agter die stuur. ‘n Jong vrou in bruidsgewaad doem wasig onder die stinkhoutboom op. Die lykswa se deur gaan oop, ‘n skraal, bleek hand ontbied haar.
Sy kyk om, kyk my pleitend aan, ‘n oneindige hartseer in haar oë. Die hand wink ongeduldig. Sy klim in. Die lykswa glip weg. Die hond tjank, hare gerys, druipstert.
Om die inskrywings van verskillende bloggers in Lê-Jou-Eier te geniet of om self ‘n eier te kom lê wat ons kan uitbroei en grootmaak, klik op die volgende InLinkz skakel:
Vir die reëls van hierdie eier-boerdery, om raad te kry oor hoe om deel te neem en om elke week se aankondiging van die nuwe onderwerp te sien, besoek die volgende skakel by Dis Ekke. Onder hierdie kategorie, kyk na die blogposte Lê-Jou-Eier: Reëls (2017-08-22) en Lê-Jou-Eier: Hoe neem ek deel? (2017-08-22).
Kort maar kragtig, Lewies. En jou min woorde spreek boekdele.
Oei, hoe lekker gril ek nou. Wys jou net, ‘n mens het nie baie woorde nodig om ‘n storie te vertel nie.
Man van vele talente Behalwe op die tombola en soms by die lotto wen ek niks!
Ek speel nie meer Lotto nie, so wen ek meer!
Dis nou n storie met baie moontlikhede. Regte gril storie veral as jy aan spoke glo.
‘n Spook is soos ‘n virgin–jy hoor van hulle maar jy sien nooit een nie!
Ha ha, sê jy my nou!
Grillerig!
Ek moet dalk van hierdie 100 woorde strories skryf maar dat gaan maar sukkel, want ek is ietwat omskrywend. Gegroet voordat daar ‘n hand vir my wink – in my storie was ek juis met ‘n hand deurmekaar
Sad….