Ek weet nou nie of ek die uitdaging verkeerd verstaan nie, maar lyk my die ondertoon daarvan is dat dit rip roaring stuff moet wees, nie iets soos as ek tog nog net een keer by my ouma op die plaas kan kuier en Sondag haar wonderlike souskluitjies kan eet nie. Nee, iets met oktaan, rocket oktaan . Nou die van julle wat my bloginskrywings lees sal seker verwag daar gaan stomende seksbegeertes uit my pen kom. Iets soos:
Lewies sit met Art through the Ages op sy skoot. Die boek is oop by illustrasies van die werke van Gauguin, die geil vroue van Thahiti verre land. Lewies se ohe (kan mos nie diakritiese tekens maak nie) knip so van onder af soos ‘n werfhoender s’n. ‘n Kwylerigheidjie loop by sy mondhoek uit as hy ‘n lui en loom ‘n droomwereld ingaan. In sy droom sit hy by ‘n topless bar op ‘n onontdekte Suidsee- eiland. Beeldskone eilandvroue draai om hom. Hulle is so mooi daai vroue van Gauguin lyk soos chars. Op hierdie eiland glo die vroue dat veelvuldige seks hulle hul skoonheid sal laat behou soos die jare aanstap. Om te verseker dat die mans kan byhou (en op hou) het hulle ‘n wonder-elikser ontwikkel wat hulle Krakotoa noem. Figure maar self uit hoekom.
Ja, dit is nou wat julle dink ek sal skryf. Maar eintlik is my begeerte om net weer ‘n nag van wilde en vurige en ongebreidelde en no holds barred en, wel ek dink julle kry die prentjie , seks te he met ‘n jong poppie van so sestig jaar.
Om die inskrywings van verskillende bloggers in Lê-Jou-Eier te geniet of om self ‘n eier te kom lê wat ons kan uitbroei en grootmaak, klik op die volgende InLinkz skakel:
Vir die reëls van hierdie eier-boerdery, om raad te kry oor hoe om deel te neem en om elke week se aankondiging van die nuwe onderwerp te sien, besoek die volgende skakel by Dis Ekke. Onder hierdie kategorie, kyk na die blogposte Lê-Jou-Eier: Reëls (2017-08-22) en Lê-Jou-Eier: Hoe neem ek deel? (2017-08-22).
“… seks te he met ‘n jong poppie van so sestig jaar …”
Hier is tweede beste:
http://www.independent.co.uk/life-style/paris-first-nude-restaurant-onaturel-naturist-association-a8037151.html
Nee o jis, ‘n man moet die crown jewels beskerm!Se nou die cock beland in die cock!
vuurklip se oortjie kom nie by die klou nie …
en die reference na die crown jewwels laat my dink aan die storie van die test tiekets.
Die laaste cock verwys eintlik na cog, sal pynlik wees as die jewels daarin beland!. Ek onthou van die test tiekets!
Goeie keuse hoor. Sit ek en ‘n paar kollegas een dag en gesels by die werk (ook nie lus vir werk nie) en ons wonder of die seksdrang afneem so saam met die ouderdom. Nee, sê die een man, dit is wetenskaplik bewys dat ‘n vrou haar sexual peak bereik op 64. O, sê een van die dames, duidelik opgewonde, ek kan nie WAG nie.
Haha! Dis baie snaaks! Vroukie is amper daar, ek moet haar se ek verwag nou performance! Maar ek kort Krakotoa 😦
☺☺☺☺☺ Eintlik wil ek vir jou twee rye vol lag-gesiggies stuur! Well done. So eerlik soos kan kom. Ek stem vir jou en jou sestig jarige poppie, Lewies. En om te dink sy is eers oor vier jaar op haar peak!
Jy sien! Daar steek waarheid in!
Hehehehehe … jy laat my mos altyd onwelvoeglike gedagtes dink en onbetaamlik lag!
Ja wat ou Lewies, wonder as dit regtig daarop aankom of jy nie gaan wegkruip nie. Maar nou ja, wie is ek om te oordeel. Jy beter begin ekstra oefeninge doen. Ha ha, nou het jy my brein geprikkel met verkeerde prikkels.
Haha! Tyd vir ‘n dosis Krakatoa!
Netso!
Those were the days… my friend!
‘n Jong poppie van so sestig klink hot!
Lekker droom!
Blaas af die stoom…
miskien hou sy jou intoom
na al die jare bly ons vroom
ai… dis te lekker om te droom!
😉 🙂 😛 🙂 😉
Droom oor die dinge van vergange se dae!