Mag donker reenwolke
Mildelik oor jou velde uitgiet
Mag tweelinglammers
Huppel in jou groen valleie
Mag jou olyfboomspruite
In selfverwesenliking bot en bloei
Mag die hart van jou huis
Staande bly teen wind en onweer
Mag goedheid en guns
Altyd in jou spore trap.
Wat ‘n skitterwens. Ek gaan dit beslis vir my vat. Dankie en mooiste wense vir jou en joune.
Dankie!
Dankie Lewies. Maar die “bloei” woord pla so effe – so saam met die diewery van die Zuptas en die Joostes en al hulle meelopers is ons al klaar leeggebloei …
Mag die nuwe jaar net die beste inhou vir julle. (En sorg dat jy Vroukie behoorlik bederf)
Ja die blerrie Zuma fok nou tot die Afrikaanse woordeskat op!
Dankie vir die mooi wense
Dankie ook vir jou wat altyd ons lewens so opkikker!
Wat ‘n reuse-aandeel het jy nie in die opkkikker van ons lewens nie! Elke Vrydag en elke Sondag! Dankie vir al daai soektogte na iets humoristies.
Dit veskaf my meer plesier as vir julle
🙂
Dankie vir hierdie pragtige seënbede, Lewies!
🙂
Dankie!
En… mag alles wat jy vir ons toewens in julle rigting ook kom!
Dankie vir jou humor! Jy laat my altyd lekker grinnik! 😉
Sjoe! Dis mooi!
Mag 2018 vir jou goed wees
Dankie Toortsie!