Op my gemak
Onder my rietdak
As die son sak
G’n niks geworrie nie
G’n niks gesorrie nie
G’n vrees oor more nie
Bier in die hand
Kop in die sand
Teen al die kak in die land
Op my gemak
Onder my rietdak
As die son sak
G’n niks geworrie nie
G’n niks gesorrie nie
G’n vrees oor more nie
Bier in die hand
Kop in die sand
Teen al die kak in die land
Sê ‘n man met gesonde verstand!
Tot gesondheid ontnugter!
Tjeers, groete van my stoep na joune en net soos jy sou ek wou sê.
Stoepstories–produk van diepe nadenke!
🍻
Lyk heerlike rustig. Heerlike aftree stoep
Die afgetrede lewe geval my!
Nou is ek nuuskierig. Mag ek weet waar hierdie rietdak is?
Hier in ons agterjaart–begin van die jaar opgerig.
Ag dis net te lekker – en dan het julle nog die see ook!
Net om die draai!
As ek op my balkon sit en ek kyk ver oor die see, sien ek die liggie van jou stoep
My liggie skyn helder! Waar is jou balkon?
Bettiesbaai……..
Dan is ons amper bure! Bly jy nou daar?
Huur vir 4 maande om eers mooi te kyk voor ek koop of bou. Ons moet mob
Goeie plan. Sal laat weet as ons weer daai kant toe gaan, en natuurlik ook as jy die kant toe kom.