Stormwaarskuwing

Vanoggend so skuins voor 7:00. RSG.

Lewies: “Vroukie, wat praat die vrou so van strontstorms?”

“Sonstorms, Lewies, sonstorms.”

“O, ek sien”

Na ‘n oomblik.

“Vroukie, sit die dradeloos bietjie harder asseblief”

Advertisements

Kerriesnor

Donderdagaand is my beurt om kos te maak. Na beskamende floppe kan ek nou al ‘n baie gangbare kerrie saamslaan, Kaapse kerrie, lekker mild en geurig met speserye soos steranys en borrie en kardamompeule (gekap en die pitte verwyder) en nog ander. Nie daai Durbankerrie se flaming exhaust nie.  Nadat ons nou lekker geeet het gaan sit ons voor die TV. Ek is in beheer van die remout en hop skiep en jump deur die kanale op soek na iets wat kykbaar is.

“Vroukie” se ek.

“Ja Lewies, wassit” se sy.

“Gee my ‘n lekker oopbeksoen”

“Vir wat? ” wil sy onthuts weet.

“Man hier is so ‘n kerriesoussmakie op my snor…”

“Jy weet Lewies, partykeer is jy ok lekker bedonnerd in jou kop!” Net so se sy, in hoofletters en vetdruk. Dan gryp sy die remout en skakel in op kanaal 144, waar ‘n kaalkopman se “En nou sit ek my koek in my pannetjie”

 

 

 

Jy lyster nie as ek praat nie!

Nou se my genote in die eg vir my dat ek nie luister as sy praat nie, en as ek protesteer se sy “Maar dan hoor jy nie!” met ligte maar tog waarneembare klem op die “hoor”. Maar as ek nou in die lewwetrie is wag sy net totdat ek die ketting trek dan praat sy daar van onder die kombuis uit. Nie eens Superman sou kon hoor wat sy se nie, al sou hy daai super power ore van hom spits soos ‘n Foksterrier wat die koerantman hoor aankom.

Vanoggend is daar nou weer so ‘n insident. Sit ek ewe rustig voor die rekenaar en bedink om my memories te boekstaaf.  Ek sit hier en pla geen siel op Moeder Aarde nie, nie een van die 7 biljoen skepsels wat die aarde bevolk nie. Se sy (weer uit die kombuis uit ) (maar ek is nie die keer in die lewwetrie nie) “Baconsy ertappels” “Jinne, dit klink lekker” raak ek skoon waterbek. “Gaan jy vir brekfis maak?”

“Jy lyster nie as ek praat nie” met ‘n ligte maar tog waarneembare geirriteerde beklemtoning op die “lyster”. Net so se sy.

“Haah? “ vra ek.

“Ek se jy lyster nie as ek praat nie!” Die vlak van irritasie nou in volle blom.

“Nou wat se jy dan?”

“Ek se ek lees in die Hermanus Times ‘Vacancy at Tipples!” (Tipples is ‘n gewilde restaurant in ons dorp)

“O”, se ek afgehaal “so dan gaan jy nie baconcy ertappels maak vir brekfis nie?”