Nou se my genote in die eg vir my dat ek nie luister as sy praat nie, en as ek protesteer se sy “Maar dan hoor jy nie!” met ligte maar tog waarneembare klem op die “hoor”. Maar as ek nou in die lewwetrie is wag sy net totdat ek die ketting trek dan praat sy daar van onder die kombuis uit. Nie eens Superman sou kon hoor wat sy se nie, al sou hy daai super power ore van hom spits soos ‘n Foksterrier wat die koerantman hoor aankom.
Vanoggend is daar nou weer so ‘n insident. Sit ek ewe rustig voor die rekenaar en bedink om my memories te boekstaaf. Ek sit hier en pla geen siel op Moeder Aarde nie, nie een van die 7 biljoen skepsels wat die aarde bevolk nie. Se sy (weer uit die kombuis uit ) (maar ek is nie die keer in die lewwetrie nie) “Baconsy ertappels” “Jinne, dit klink lekker” raak ek skoon waterbek. “Gaan jy vir brekfis maak?”
“Jy lyster nie as ek praat nie” met ‘n ligte maar tog waarneembare geirriteerde beklemtoning op die “lyster”. Net so se sy.
“Haah? “ vra ek.
“Ek se jy lyster nie as ek praat nie!” Die vlak van irritasie nou in volle blom.
“Nou wat se jy dan?”
“Ek se ek lees in die Hermanus Times ‘Vacancy at Tipples!” (Tipples is ‘n gewilde restaurant in ons dorp)
“O”, se ek afgehaal “so dan gaan jy nie baconcy ertappels maak vir brekfis nie?”
Bawhaaaaa
🙂
😀
Dié is kosbaar, Lewies. Presies soos dit by ons ook gaan.
Die tekens van die tye.
🙂 Skryf asb daai resep neer – dit klink njammies!
Toe nooit geeet nie!
Waaaaattt!?
Lekker lag ek nou!
🙂
vuurklip wéét van daai!
Brothers in arms!
Ja jong mens kannie wen met ouens wat vanuit die kombuis praat nie. Dan word daar ook verwag dat jy altyd op aandag staan om te “luister” wat daar gese word. Dit gebeur maar in families.
🙂
Amper word jy uitgehaal met ‘n pan, Lewies!
Eina!
Ma sil jy nou lyster!
🙂
Kostelik…ek sit langs manlief, dan kan ek nie eers hoor wat sê hy nie!
🙂
Ai Lewies, dat mens nou so teleurgestel moet raak voor en oor ontbyt. Ek sien sommer jou mond aan die water gaan. Hoop jy het darem ñ ietsie lekkers gekry na die misverstand.
Outspap!
… en sommige mans hoor natuurlik aspris verkeerd
Selektiewe gehoorprobleem!
😆
Ek is gepla met bacon en aartappels, so ek blameer jou glad nie, ek sou presies ook net dit gehoor het!
🙂
Skuldig, jou ônner… ek praat ook graag met die leë vertrek en raak dan vererg oor manlief wat nie lyster nie!
Nou sien jy, hy is nie aspris nie, dis ‘n universele probleem!
Jy sien ek het ‘n ander teorie: Wanneer ek iets in ‘n sekere stemtoon sê, hoor my Grim niks, al praat ek hard, ander kere wanneer ek fluister hoor hy elke word, ek dink dit het te doen met daai sagte fluister (suggestiewe) stemtoon
Dit gaan saam met ‘n twienkel in die oog!