Donderdagaand is my beurt om kos te maak. Na beskamende floppe kan ek nou al ‘n baie gangbare kerrie saamslaan, Kaapse kerrie, lekker mild en geurig met speserye soos steranys en borrie en kardamompeule (gekap en die pitte verwyder) en nog ander. Nie daai Durbankerrie se flaming exhaust nie.ย Nadat ons nou lekker geeet het gaan sit ons voor die TV. Ek is in beheer van die remout en hop skiep en jump deur die kanale op soek na iets wat kykbaar is.
“Vroukie” se ek.
“Ja Lewies, wassit” se sy.
“Gee my ‘n lekker oopbeksoen”
“Vir wat? ” wil sy onthuts weet.
“Man hier is so ‘n kerriesoussmakie op my snor…”
“Jy weet Lewies, partykeer is jy ok lekker bedonnerd in jou kop!” Net so se sy, in hoofletters en vetdruk. Dan gryp sy die remout en skakel in op kanaal 144, waar ‘n kaalkopman se “En nou sit ek my koek in my pannetjie”
Lewies raak al hoe beter so met die jare saam.
Jongie, jy’s darem maar onnutsig!
Grinnik…๐๐๐
Oeeee! ๐ฑ
Vandat vuurklip hierdie aan die Slim Een voorgelles het, hoor hy gedurig รณf “Lyster jy?!” รf “Jy lyster nie!”
So, thanks for nothing! ๐
Jy moet maar twee keer dink voor jy Die Slim Een met data voer!
Die Slim Een is altyd รฉรฉn voor! Kannie wennie …
Los jy nou maar ons Durbanse kerriebekke uit, so ‘n vuurwarm soen het ook sy lekkerkte. Maar horie, daai vrou van jou het jou ook al fyn opgesom.
๐
Dis darem vet kanse wat jy kan vat! Ook maar goed Vroutjie ken jou ook nou al goed. Nou lekker gesmile, sien die prentjie! Daardie kanale verander is ook baie bekend.
Nou eers hier kom lees…heerlik gelag!
WHA HA ha!! Dis hoekom ek nie kerrie eet nie… dit sal my ook sleg in die kop bevoeter! Wha ha hAAA!!
๐๐๐คฃ๐๐ฒ๐