Vanoggend so skuins voor 7:00. RSG.
Lewies: “Vroukie, wat praat die vrou so van strontstorms?”
“Sonstorms, Lewies, sonstorms.”
“O, ek sien”
Na ‘n oomblik.
“Vroukie, sit die dradeloos bietjie harder asseblief”
Vanoggend so skuins voor 7:00. RSG.
Lewies: “Vroukie, wat praat die vrou so van strontstorms?”
“Sonstorms, Lewies, sonstorms.”
“O, ek sien”
Na ‘n oomblik.
“Vroukie, sit die dradeloos bietjie harder asseblief”
Ahahahaaa – dag ek nou jy het ‘n Kaapse oor ontwikkel en toe wonder ek wat is “strandstorms”…
hehe! nee, my oor is nou nie meer ingestel op die oh en ah uitspraak van die Noorde nie.
Oooo hoe hoor ek daardie persoon wat so “lelik”praat. Hul ontrond alles!
Ek is een van hulle. ๐
‘n Overberger wat oh en ah?
Nee! Wat ontrond!
Oh no, kan jy nou meer.
Wat ontrond. Ek kom mos van die Kaaaap af! ๐
I know! Daar was n stadium (toe ek nog jonk was) dat dit in die mode was om so te praat. Veral in die ou Transvaal het ons mos maar weer ons eie manier van uitspreek.
Ons het ons verluister aan die Tronsvolurs. Nou het die jonges soms โn nรณg erger uitspraak wat nog vreemder is. Ek is nou Ak. Vreemd. ๐
Ha ha, winde van verandering waai gedurig om ons.
Netso!
Strontstorms! Sowaar.
Daai ore, Lewies!๐
Hulle lyster nie meer so lekker nie!
Dis sommer ‘n k@k storie diรฉ!
Bonus:
Vraag wat noem jy ‘n swak kwaliteit toiletpapier?
Antwoord: K@kpapier!
Haha! Goeie een!
‘n Mens behou maar altyd iets van die uitspraak van die streek waarin jy grootgeword het. Ek is nou reeds amper 50 jaar lank weg uit my geboorte- en grootwordplek, maar as ek na my eie stem luister op youtube en whatsapp, hoor ek nog die Namakwalander.
Ek is n Vrystater gebore, en my Engelse aksent is verskriklik! As ek se “no” dan verklap ek dat ek Afrikaanssprekend is. Maar ek worry nie meer daaroor nie!
O jy kan ook duidelik hoor dat Afrikaans my spreektaal is (Namakwalander!), maar dan, dis presies wat ek is – Afrikaans – al het my taalvernuf so ietwat verroes in my werksjare.
Tyd vir ‘n oorfountjie?
Tekens van die tye. Sal waarskynlik in ‘n fountjie eindig, eendag!
Dankie… jy het ‘n manier om met baie min woorde my altyd aan die lag of glimlag te kry! Voorwaar ‘n gawe gawe!
(En ek hoop ek praat niemand na nie… want ek lees gewoontlik nie die ander se kommentaar nie… die kan my dalk verkeerd beinvloed! ๐ )