Gegroet Towerinne

Lewies sit voor die rekenaar en krap sy kop dat die splinters waai. Hy het met ligte kommer gelees van die voorgenome safari wat die veertien towerinne gaan onderneem. Sy kommer spruit uit die moontlikheid dat hulle,  ontketen van maritale toesig , hul inhibisies sal afskil soos wat hulle voor die stoof in die kombuis, gevoorskoot en kaalvoet, ‘n ui vir die pot sal skil.  Aan watter onaardse aardse genietinge  sal hulle hulself in maagdelike onskuld blootstel, veral omdat daar kort-kort melding gemaak word van die feit dat ene Frangelico die reis sal meemaak.  En die feit dat die pad met pot holes, ja pot ne, besaai is. (“Eina bliksem!” uiter Lewies toe ‘n splinter onder sy nael insteek).

Nee, besluit Lewies, hy sal uit die diepste van sy binneste binneste good vibes ophark en dit kuber-mail na daai cloud waar good vibes kollektief versamel en by wyse van spreke guardian angel speel vir die betowerende towerinne. Dus groet hy hulle met die woorde van die Japanse keiser toe hy in antieke tye sy samurai soldate afgesien het op hul plundertogte:

Hashimoto yakamura samurai san!

(Dis amper soos die All Blacks se Haka of ons eie toi-toi.)