Gegroet Towerinne

Lewies sit voor die rekenaar en krap sy kop dat die splinters waai. Hy het met ligte kommer gelees van die voorgenome safari wat die veertien towerinne gaan onderneem. Sy kommer spruit uit die moontlikheid dat hulle,  ontketen van maritale toesig , hul inhibisies sal afskil soos wat hulle voor die stoof in die kombuis, gevoorskoot en kaalvoet, ‘n ui vir die pot sal skil.  Aan watter onaardse aardse genietinge  sal hulle hulself in maagdelike onskuld blootstel, veral omdat daar kort-kort melding gemaak word van die feit dat ene Frangelico die reis sal meemaak.  En die feit dat die pad met pot holes, ja pot ne, besaai is. (“Eina bliksem!” uiter Lewies toe ‘n splinter onder sy nael insteek).

Nee, besluit Lewies, hy sal uit die diepste van sy binneste binneste good vibes ophark en dit kuber-mail na daai cloud waar good vibes kollektief versamel en by wyse van spreke guardian angel speel vir die betowerende towerinne. Dus groet hy hulle met die woorde van die Japanse keiser toe hy in antieke tye sy samurai soldate afgesien het op hul plundertogte:

Hashimoto yakamura samurai san!

(Dis amper soos die All Blacks se Haka of ons eie toi-toi.)

 

 

Advertisements

39 thoughts on “Gegroet Towerinne”

    1. Lewies hoe meer beskerming hoe beter. Dan kan die beskermers ook sorg dat die beskermers nie te selektief beskermend raak nie. Met meer teikens sal dit ook help dat die bekermers oorleef (en Abrie vryf teer oot die knoppe waar die stiletto’s hom getref het)

  1. Ontketen van maritale toesig….hierdie kan dalk veroorsaak dat jy ook deurloop onder 14 pare stiletto’s!
    Ons waardeer jou besorgdheid en soos altyd, heerlik humoristiese skrywe, Lewies!

  2. Ons het nog vriende daar in die wrede buitewêreld! Dankie vir jou mededoë en die wakende oog – ons het dit nodig, want die Towerinne is wild! Ek weet nie hoe ons gaan huishou met hulle nie. Dis lekker om jou hier te sien Lewies; ek hoop jy geniet die kaskenades wat voorlê.

  3. …en ek vermoed daardie Japannese frase is uit jou duim gesuig, want as ek Google-vertaal, is dit na bewering: “Mr. Hashimoto and Ms. Hamasaka Kamura”??? Soos ‘n hele paar ander bloggers (nie ek nie, let wel) sou vra: wdf???

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s