Jan Taks se enjin nou morsdood

Jinne Oom Jan Taks, daar staan dit in Vrydag se Burger op die voorblad “Jan Taks se enjin nou morsdood”. Ek hoop van harte Oom het ‘n baie goeie mediese fonds, want ons belastingbetalers gaan baie gatvol wees om Oom se enjin te jump start, ek ook, al het Oom my die afgelope jaar of drie met genade en goedgunstigheid bejeen. Nee kyk, Oom wil mos vir Oomselwers met domkoppe omring, kyk nou net daai antie wat op TV gepraat het. Sy is wragtag nie die skerpste potlood in die pencil case nie, om die waarheid te se ek dink haar punt het afgebreek. Ek wonder wat pay daai antie per maand. En dan het sy nog French benefits ook, soos hulle se. Ek glo dis van pure stress en benoudigheid dat Oom se enjin nou morsdood is. Nee wat, Oom moet hulle almal onner hulle vet gatte skop en mense aanstel wat die jop wil doen, en kan doen. Maar intussen spreek ek my diepe simpatie uit met Oom se toestand, en ek koester ‘n innige hoop vir spoedige herstel. Is die Antie darem ok? Se vir haar ek stuur groete

As ek moet gaan

En as ek eendag moet gaan
hiervandaan weg moet gaan
o moenie huil nie,
o moenie treur nie
My soetkys is volgeprop 
met happy memories
En ek is op die high way
sterre toe.

Oom Jan Taks is ‘n gawe oom.

Jissie oom Jan Taks, ek het in die verlede al gekonstateer dat Oom darem ‘n baie gawe oom is. Al wat belastigbetaler is in sonnige Suid-Afrika murmereer dat Oom hulle kaalgat uittrek. Nie ek nie. Nee, Oom sien my sedert ek my emeritaat aanvaar het met groot genade aan. So ook hierdie jaar. Nou nie so mildelik dat ek op ‘n sea cruise kan gaan nie, maar darem tog so ruimskoots dat my hart properlies verbly is. Ja nee, nou kan ek weer ‘n dunnerige lamstjoppie op die kole gooi en die kar so half-vol petrol maak. Baie beter as ‘n skop onner die gat! Nee kyk, Oom is my gunsteling oom in gans die rang der staten rij. Dankie my oom. Laat dit goed gaan met Oom, en se tog groete vir die antie.